GEMEENSKAPONTWIKKELING

 

 

ITHATENG KINDERHUIS IN MAOKENG

 

Hierdie huis is ‘n huis vir

vigs-wesies en
het ons

betrokke geraak deur die

volgende te doen met behulp

van lotto befondsing

 


 Solar geysers op gesit & Water tenke geïnstalleer

 

Groenteplantjies, tuingrond 
en kompos vir hulle groenetuin in buitebande


 Kospakkies en klere vir kinders gekoop    

 

AUGUSTINE & LERATO HLAOLE

Ons het ‘n blinde HIV/AIDS pasiënt met
haar 9-jarige seuntjie gehelp om hulle
blyplek meer leefbaar te maak 
in samewerking
met lotto befondsing. Sy en die kind bly saam
met haar ma in ‘n garage agter in ‘n erf. 

Die pasiënt is met die HIV-virus gediagnoseer
en was baie, baie siek. Die dokters het besluit
om haar oë te verwyder omdat die virus na
haar oë versprei het. Dit is ‘n baie rare geval,
maar dit gebeur!!

Dit was ‘n baie dankbare gesinnetjie wat ons gehelp
 het en het gehuil van blydskap toe ons uiteindelik
klaar was met die opknappingswerk!

Thato Disabled Day Care Crèche

 So het dit alles gebeur!