STERWENSBEGELEIDING

Dis nie 'n woord wat mense aldag wil hoor nie, maar dit is 80% van ons werk

hier by die Caregivers. Noem die woord “sterwensbegeleiding” en baie mense

sien in hul geestesoog ’n stroewe dokter of verpleegster wat die verrimpelde

hand van ’n vereensaamde mens vashou in die donker nag van die siel voor

die finale duisternis. Die werklikheid is veel meer kompleks – nie sonder pyn en

verlies nie, maar uiteindelik meer opheffend en positief. Deel van ons missie

is die bevordering van ’n gehalte lewe, waardigheid in die sterwensproses en

ondersteuning vir almal wat met ’n lewensgevaarlike siekte moet saamleef.

Ons gebruik ’n spanbenadering met ’n holistiese mikpunt om fisieke,

sielkundige en geestelike ondersteuning te verleen, nie net aan die pasiënt

nie, maar ook aan sy of haar geliefdes.

Daar is ’n snel groeiende behoefte aan hierdie soort diens.

Hoe­­wel baie pasiënte met hierdie siektetoestande tuis versorg word,

is dit nie altyd volhoubaar nie.

Kanker en ander terminale siekte is lang, harde siektetoestande, wat ook hul tol

eis van die geliefdes wat na die pasiënte omsien. Hewige verskille ontstaan soms

uit onkunde. Die meeste van ons pasiënte verkies om tuis te sterf by hulle geliefdes.

Tuis kan elke pasiënt staatmaak op ’n versorgingsplan wat saamgestel is om aan sy of haar spesifieke

behoeftes
te voldoen en wat uitgevoer word deur ’n span deskundiges wat saam met ons werk in Kroonstad.

 

PALLIATIEWE SORG

Dit is een van NFSCG se visie en misie fokuspunte en word hier bespreek.

Die Christen-dokter en -verpleegster het binne die postmoderne wêreld van vandag 'n pragtige

versorgingstaak gekry, wat die eer aan God wil gee deur die sterwende pasiënt optimaal te versorg.

Daarin kan ons verskeie tegniese en menslike hulpbronne gebruik wat die HERE vir ons gee.

Ons mag verder bely dat God die kwaliteit van lewe bepaal en die uur van sterwe.

Die doel van palliatiewe sorg is die versorging van sterwendes wat hedendaags beskend

staan as palliatiewe sorg.

Dit is 'n term wat kom van die Latyse woord pallium.  Dit beteken 'n kleed of 'n skild.

Dit is dus die bedekking en beskerming van die sterwende pasiënt.

Versorging wat as 'n skild dien om die sterwende pasiënt te beskerm teen die simptome

van die sterwensproses.

Palliatiewe sorg wil dus die simptome van pyn, angs en die staking van liggamsfunksies

soos o.a. urinering beheer.

Dit is dan ook die doel van palliatiewe sorg om dit sover moontlik vir die sterwende pasiënt

alles moontlik gerieflik te maak sodat die sterwende pasiënt ook op sy sterfbed sy God kan dien.

Die basis van die palliatiewe sorg lê daarin dat die genade van die HERE vir ons genoeg is,

ook op ons sterfbed.

Al diehulpmiddele t.o.v. tegniese en menselik hulpbronne is deur God se genade moontlik.

Dit is net God wat ons rustig kan maak en die kommer kan verjaa.

Hy leer ons om op Hom alleen te vertrou.

 

"Moenie bang wees nie, want Ek is by jou.

Moenie ontsteld word nie, Ek is jou God.

Ek maak jou sterk en wil jou help.

Ek hou jou vas met my Reddende Regterhand"

Jesaja 41 : 10