SKENKING 2019

 


Masjiengemaakte kwilt

 

Wenners:

Handgemaakte kwilt:

Suphing Modiko

Masjiengemaakte kwilt:

Willie van Kraayenburg

Baie geluk aan die wenners!

Mag julle baie vreugde put uit
hierdie besonderse artikels deur
mev Garnet Iorio vervaardig.

Baie dankie ook aan almal wat
‘n kaartjie gekoop het ter
ondersteuning van ons projek!

 

Handgemaakte kwilt

 

 

Checkers Kroonstad het op 1 Maart 2019 vir 

ons ‘n groot skenking kos gegee wat

ons dadelik aan ons behoeftige kankerpasiënte

 versprei het asook aandie

Thato Disabled Créche in Maokeng.

Baie dankie aan Ryan de Beer vir hierdie uitreiking

aan die gemeenskap van Kroonstad.

 

SKENKING 2018

 

NFSCG was voorwaar geseënd in Junie 2018 want ons het ook ‘n groot skenking 

goedere ontvang vanaf die plaaslike Checkers winkel in Kroonstad. Kos en groente

is dadelik aan kanker-pasiënte uitgedeel. ‘n Spesiale groot dankie aan die bestuur

van Checkers Kroonstad en spesiaal aan Ryan de Beer en Anuschka.

 

SKENKING 2017

Hoogte:  360 cm

Breedte:  360 cm

 

Kort omskrywing van Mandala

Kunstenaar: Laurinda Smit

(September 2017)

Simboliek rondom die kleur blou dui op 'visie' hemelruim en die see. 

Geen begin –geen einde.  Let daarop dat daar vier sterk blaar grotes is, dui op vier wind rigtings.

Ondersteun deur kleiner blaar vorme.

Kleiner blaar vorm in die buite diep blou sirkel dui op beweging, niks staan ooit stil in lewenstyd.

 Die meer dan een sirkel, dui op die mens is altyd deel van die veel groter geheel nooit alleen.

 Sirkel vorm van die mandala dui op lewenssiklus geen begin – geen einde.

Baie geluk aan die Mandala wenner -Marissa du Preez      van Kroonstad. 

 

Baie dankie vir almal se

ondersteuning met nog 'n

projek van ons. 

Ons waardeer dit opreg!