VISIE & MISIE


KONSTITUSIE

1.  Naam: Northern Free State Caregivers

     1.1  Die organisasie sal genoem word: Northern Free State Caregivers

     1.2  Die verkorte naam sal wees NFS Caregivers of NFSCG

Die organisasie sal:

  • Bestaan in eie reg, sonder lede of bestuur 
  • Aanhou om te bestaan wanneer die bestuurslede verander of verskillende bestuurslede word aangewys
  • Geen lid/bestuurslid het enige regte in eiendom/en of bates van die organisasie deur alleenlik ‘n lid van      
    die organisasie te wees nie
  • Gemeenskap ontwikkeling en transformasie binne die omvang van ons werksaamhede

2.  Objektiewe

     (a)  Die organisasie se hoof objektief is: (Visie)

  • Om ‘n holistiese, standvastige, integrale tuisversorgingsdiens te lewer binne die raamwerk van die organisasie
  • Om te streef na finansiële onafhanklikheid en handhawing deur simbiotiese vennootskappe en fondsinsamelings inisiatiewe

     (b)  Die organisasie se sekondêre objektiewe sal wees: (Misie)

  • Om ‘n 24-uur tuisversorgingsdiens te kan lewer deur:
  • Formeel geakkrediteerde tuisversorgers (HWSETA) en/of Departement Gesondheid
  • Plaaslike inligtingsessies te gee wat die Nasionale Departement van Gesondheid se jaarlikse kalender onderskryf
  • Informele bemagtiging van ge-affekteerde gesinslede
  • Ondersteuningsdienste aan pasiënte en hulle families ivm Sterwens­begeleiding, Emosionele
  • Ondersteuning, Logistieke Ondersteuning, ens.
  • Gebruikmaking en versterking van die amptelike verwysingstelsel van die Departement Gesondheid
  • Om ons organisatoriese en strukturele regulasies te onderhou en veranderde soortgelyke bedrywe te
  • akkommodeer teenoor goedgekeurde neergesette reëls
  • Gemeenskap ontwikkeling met fokus op transformasie, bemagtiging, vaardigheids oordra, kapasiteit bou