PANKREASKANKER

Wat is dit?

Die pankreas is 'n orgaan wat in die linkerkant van jou maag sit. Die pankreas het twee hooffunksies.

Dit maak verteringsensieme  (proteïene wat voedsel afbreek) en hormone wat bloedsuiker, soos insulien, reguleer.

Pankreaskanker vind plaas wanneer abnormale selle onbeheerd raak in die pankreas. Die meeste pankreaskanker kom voor in die               deel van die pankreas wat spysverteringskanale affekteer. ‘n Klein aantal pankreaskanker kom voor in 'n deel van die pankreas wat                help om bloedsuiker te reguleer.

Dit is baie belangrik dat U dokter uitvind watter soort pankreaskanker u het omdat die
twee tipes 
verskillende behandelings het.

Hierdie artikel sal fokus op die eerste  tipe, wat adenokarsinoom genoem word.

Die probleem met pankreaskanker is dat dit ewoonlik versprei voordat enige simptome voorkom.

Medici weet nie wat veroorsaak pankreaskankernie, maar dit is ‘n feit dat dit meer algemeen

                                               voorkom veral onder rokers, mans, mense met diabetes en Afro-Amerikaners.

Mense wat operasies gehad het vir maagsere of wat chroniese inflammasie van die pankreas gehad het,

is ook meer geneig  om hierdie kanker te ontwikkel. En hierdie tipe kanker kan in families voorkom.

Simptome

Simptome van pankreaskanker mag nie dalk dadelik opgetel word nie. Die mees algemene tekens van pankreaskanker is:

  • Pyn oor lewer area (waar pankreas geleë is)

  • Gewigsverlies

  • Vergeling van die vel en oë (geelsug)

  • Jeuk

  • Bruin urine

  • Baie ligte derm­bewegings

  • Naarheid en braking

  • Verlies van eetlus

  • Rugpyn agter die lewer-area in die rug

  • Ander waarskuwingstekens van probleme in die pankreas sluit in skielike diabetes of probleme in die beheer van bloedsuiker.

Diagnose

As u dokter bevind u kan moontlik pankreaskanker hê, kan die volgende toetse voorgestel word:

  • Bloedtoetse - Eenvoudige toetse kan help om ander moontlike oorsake van u simptome te vas te stel. Sommige bloedtoetse kan dui op pankreaskanker, maar dit kan nie spesifiek bevestig word nie.

  • Ultraklank - In hierdie toets skep klankgolwe 'n prentjie van interne organe. Hierdie toets is ook baie nuttig om ander oorsake van u simptome uit te sluit (byvoorbeeld galblaas siekte of siste in die pankreas).

  • Endoskopiese Ultraklank. Vir hierdie toets word 'n buis deur jou spysverteringskanaal gepasseer sodat die klankgolwe nader aan die pankreas kan kom. 'n Spesiale instrument kan gebruik om klein monsters van die pankreas te neem vir verdere toetsing (biopsie).

  • CT-scan of CT-skandering is gewoonlik 'n goeie manier om 'n prentjie te kry van wat in die buik aangaan en kan help om pankreaskanker op te spoor.

  • Magnetiese resonansie beelding (MRI) scan - Hierdie toets gebruik magnetiese velde en radiogolwe om beelde van organe in die liggaam te produseer. Jou dokter kan 'n spesiale tipe MRI bestel om nader aan die strukture rondom die pankreas te kyk.

  • Positron emissie tomografie (PET) skandering - Dokters gebruik hierdie toets om vas te stel of pankreaskanker groei of versprei het. PET-skanderings gebruik 'n vorm van radioaktiewe suiker. Sekere soorte kankers, soos pankreaskanker, neem meer suiker op wat in die omliggende weefsels is en kan gesien word met spesiale kameras.

  • Endoskopiese retrograde cholangiopankreatografie - Hierdie toets kyk na blokkasies in die pankreasbuise wat spysverteringskanale dra. Die dokter passeer ‘n buis deur jou mond in die dunderm. Spesiale kleurstof wat op x-strale sal verskyn word dan in die buis gespuit. As die x-straal 'n blokkasie of tumor toon, kan die dokter weefselmonsters toets vir kanker. Hierdie toets kan baie          nuttig wees, maar is riskant. Slegs hoogs ervare dokters moet dit doen.

  • Angiografie: Hierdie toets kyk na die bloedtoevoer na pankreasgewasse. Dit kan dokters help om te bepaal of dit moontlik is         om die kanker met chirurgie te verwyder.

  • CT-geleide biopsie - 'n CT-skandering word gebruik om die biopsie naald na die regte plek te lei vir die verkryging van monsters  van verdagte weefsel. Selde kan 'n operasie nodig wees om die diagnose te maak.

  • Laparoskopie. Soms wil dokters direk na die pankreas kyk. Hierdie operasie gebruik 'n klein kamera aan die einde van 'n buis.      Die dokter kan die pankreas en die organe daar rondom sien sonder ‘n groot operasie. Monsters van die pankreas kan geneem word om te help bepaal hoe aggressief die kanker is.

Verwagte Tydsduur

Aangesien simptome nie vertoon word voordat die kanker versprei is nie, is hierdie siekte moeilik om te genees.
Maar behandeling kan help om jou simptome te beheer en die lengte van oorlewing en lewensgehalte te verbeter.
Verbetering  hang af van baie dinge: hoe ver die kanker versprei het, jou ouderdom en algemene gesondheid, en
hoe goed reageer jou liggaam op behandeling.

Voorkoming

Daar is geen bewese manier om pankreaskanker te voorkom nie. Jy kan jou risiko verminder om hierdie kanker te kry deur nie te rook nie. Sigaretrook is die belangrikste risikofaktor wat verband hou met pankreaskanker. As jy rook, hou dadelik op. As jy nie rook nie, moenie begin nie. Ook kan jy jou risiko verminder om pankreaskanker te ontwikkel deur:

  • 'n Daaglikse dieet te volg ryk aan vrugte en groente

  • Bly fisiek aktief en oefen daaglikse oefening

  • Handhaaf 'n gesonde gewig

  • Daar is geen metode van skandering vir pankreaskanker sodat dit vroeg vasgestel kan word en behandel kan word

Behandeling

As jou dokter bevestig dat jy pankreaskanker het, sal toetse gedoen word om te sien hoe aggressief die kanker is en hoeveel dit versprei het. Dit word 'staging' genoem. Jou behandeling hang af van die kanker se stadium. Behandeling kan insluit:

  • die verwydering van al die dele van die pankreas (en enige kanker wat in die omgewing versprei het)

  • Kanker dodende middels (chemoterapie)

  • Straling om kankerselle dood te maak en beheer simptome

 

In seldsame gevalle waar die kanker nie buite die pankreas versprei het nie, probeer dokters die kanker chirurgies verwyder. Hulle kan ook chemoterapie en of bestraling aanbeveel as deel van die behandeling.

As die kanker oor die pankreas na nabygeleë organe of ander dele van die liggaam versprei het, is 'n volledige genesing onwaarskynlik. Daar is egter verskeie behandelings beskikbaar om simptome te verminder en oorlewing te verleng. U en u kanker spesialis kan oorweeg hoe om voort te gaan.

Handhaaf 'n gesonde gewig

  • Daar is geen metode van skandering vir pankreaskanker sodat dit vroeg vasgestel kan word en behandel kan word

Behandeling

As jou dokter bevestig dat jy pankreaskanker het, sal toetse gedoen word om te sien hoe aggressief die kanker is en hoeveel dit versprei het. Dit word 'staging' genoem. Jou behandeling hang af van die kanker se stadium. Behandeling kan insluit:

  • die verwydering van al die dele van die pankreas (en enige kanker wat in die omgewing versprei het)

  • Kanker dodende middels (chemoterapie)

  • Straling om kankerselle dood te maak en beheer simptome

In seldsame gevalle waar die kanker nie buite die pankreas versprei het nie, probeer dokters die kanker chirurgies verwyder.

Hulle kan ook chemoterapie en of bestraling aanbeveel as deel van die behandeling.

As die kanker oor die pankreas na nabygeleë organe of ander dele van die liggaam versprei het, is 'n volledige genesing onwaarskynlik. 

Daar is egter verskeie behandelings beskikbaar om simptome te verminder en oorlewing te verleng.

U en u kanker spesialis kan oorweeg hoe om voort te gaan.

Indien jy enige simptome van pankreaskanker ervaar, maak dadelik ‘n afspraak by jou dokter. Hy of sy mag voorstel dat u 'n spesialis sien om te help bepaal of u  hierdie siekte het.

Prognose

Pankreaskanker is 'n ernstige siekte en die sterftesyfer is hoog. Ongeveer 19% van pasiënte met pankreaskanker leef ten minste 1 jaar na diagnose. Slegs 1% -2% oorleef 5 jaar na diagnose. Jou kanse op herstel hang af van jou ouderdom, hoe ver die kanker versprei het, algemene gesondheid en hoe jy op behandeling reageer.

BRON: Amerikaanse Kankervereniging (National Cancer Institute – NCI)