DIGNITY DREAM PROJEK

Doel:
Stigting van Leenbank vir Sanitêre Doekies by Hoër- en Laerskool Brentpark

en Dikubu Laerskool Maokeng Brentpark

121 pakkies Sanitary Pads aangekoop vanaf Clicks.  Loodsing van projek in Julie 2017.

Ons het die leenbank weer intussen aangevul met 14 bokse van 30 pakkies elk sanitêre doekies in Julie 2018.

Volksmond benaming onder jongmeisies vir maandstonde tyd in haar lewe per maand word verwys as volg:

Periods, ouma het kom kuier, daardie tyd van die maand, die rooi karretjie, grootword tyd, hormone werk oortyd …

Ons organisasie en die Juffrouens is die ”Sanitary Sistas” van die jong meisies!

Impak op jongmeisies se lewens

Sy bly weg van die skool gedurende hierdie tyd om haarself vernedering te spaar omdat sanitary pads dalk in haar

huis as ‘n luukse beskou word maar vir haarself is dit ‘n desperate basiese behoefte. Navorsing wys hulle bly tot

55 dae per jaar weg van die skool. Hoe vang jy plusminus 12 weke se skoolwerk in 1 jaar op?

Vir ‘n meisie se selfbeeld beteken dit verskriklik baie, al is die doekies “under cover” en net sy weet daarvan.

Dogters: Moenie huiwer of skaam wees nie – neem die vrymoedigheid en vra jou “Sanitary Sistas” vir raad insake

menstruasie probleme of om hulp te vra of om kwessies insake “periods” te bespreek. Vra jou ma, jou ouma,

jou vriendin of enige vrou met wie jy gemaklik voel vir meer raad. Hulle sal jou enige tyd help!