PIENKDAG

 

19 Oktober 2023

Dié stap was hoofsaaklik gereël vir 12 Oktober 2023
maar toe het daar heerlike reën
uitgesak vir twee dae lank in Kroonstad
en was die temperatuur sommer weer winter
daardie week! Party plekke in die land het vroeë lente sneeu gekry!

 

 

Groot was die opwinding wat plaasgevind het op Donderdag 19 Oktober 2023
toe mense getooi in vrolike pienk by 
die North High School (voorheen Rooiskool)
se rugbybaan byeengekom het vir ‘n lekker vroegaand s
tappie in die vars lug!

 

HERDENKING STAP VIR OORLEDE SUSTER ADRI VAN HEERDEN
27 MAART 2021

Vroeg Saterdagoggend van 27 Maart 2021 het ongeveer 15 vrywilligers van die NFS Caregivers
'n herdenkingstap gehou vir suster Adri van Heerden wat verlede jaar oorlede is. 
Haar 75ste verjaardag sou op Sondag, 28 Maart 2021 gewees het. 
Die idee het gekom van haar dogter Esta wat in Bloemfontein woonagtig is.

Dit was 'n heerlike oggend en almal getooi in'n wit T-hemp met suster Adri se foto
daarop gedruk bymekaar gekom by die Rotariërs se Vlooimark terrein. 

Ons het toestemming ontvang by die Rotariërs vir een rondte se rustige stap om die
vlooimark terrein.  Susan, Cathy en Attie het vir Liana en Wendy ondersteun alhoewel
hulle hulself as die "support team" gesien het! 😀

Daar is by die 'kwart-merk' gerus en weer by die 'halfpad-merk' onder 'n koelteboom. 
Die stap het goed verloop ten spyte daarvan dat 'n perdeby besluit het om vir Cathy
te piets op haar arm tussen al die besoekers/stappers by die terrein. 
Liana het haar voorgeneem om die rondte te voltooi en het daarin geslaag! 
Baie geluk Liana - ons is trots op jou!!

Liana met haar wandelstok gereed vir die stap!  Wendy en Liana by die 'halfpad' rusplek!

Die fotograaf, Pieter Lubbe, het voorgestel dat almal 'n 'denkbeeldige A'
moet vorm ter aandenking vir suster Adri.

 

KROONHEUWEL PRIMêRE SKOOL KROONSTAD

27 Maart 2021


Kroonheuwel Primêre Skool se Voortrekkers het 'n
fondsinsamelingsprojek gehou ten bate van NFS Caregivers
by
die Rotariërs se Vlooimark terrein op Saterdag 27 Maart 2021.

 

'n Gesellige atmosfeer het geheers tussen die besoekers en
eienaars van die stalletjies.

 

Mense kon hulle hare skeer en/of kleur.

 

Na die herdenking stap was Liana en Wollie braaf genoeg
om hulle hare pienk te laat spuit!

Baie dankie aan die Voortrekkerspan van Kroonheuwel Primêr vir hierdie oulike projek!
Dit is voorwaar 'n riem onder die hart dat sulke flukse jongmense uitreik na ons organisasie!
Ons wens julle alle sterkte toe met julle werksaamhede vir 2021.

 

PARKRUN 2019

Saterdag 26 Oktober 2019 was ‘n Pienk Parkrun ter bewusmaking van Borskanker.
Daar was ongeveer 156 deelnemers opgetooi in ietsie pienk!
Die manne was maar bietjie skaam en het ons vir hulle ‘n pienk strikkie
gegee vir hulle deelname!!

 

COLOUR FUN RUN

Die PIENKDAG is gereël deur BOC Prokureurs op Woensdag 13 November 2019
Die Colour Fun Run was groot pret en wil ons dankie sê vir die organiseerders wat
hierdie dag so besonders bemaak het.

 

22 September 2018

KROONSTAD ROLBALKLUB

Hulle het op Saterdag, 22 September 2018 'n 'Fun Rolbaldag' aangebied.
Tema:  Dress Funky Pienk of Pers.
Inskrywingsgeld was R50 per speler waarby 'n worsbroodjie ingesluit was.

R1220,00 is aan ons geskenk.

Baie dankie aan Nita Wessels en Hester van Breda

 

 

NFSCG WALK / STAP 2016

                               SATERDAG 15 OKTOBER 2016

                                AFRIKAANSE HOëRSKOOL, KROONSTAD

Doel:  

Aankoop van prostese vir Borskanker Pasiënte

na Mastektomie en onderskraging

Tema: 

Die Pad Na Vergifnis

 

Spreker:

Ds. Chris Bernardo

(bom-aanval oorlewende  van die Kerkstraat bom in Pretoria in apartheids jare)


Felicity, ds. Chris en Wimpy Pretorius by Bloemfontein lughawe

Luminaria:

Aansteek van kersies in

memoriam papiersakkie

om die baan met aanvang

van skemer

Memoriam papiersakkies is gemaak waarin sand

gegooi is en om die rugbybaan geplaas was.

Met die aanvang van skemer is die sakkies aangesteek!

Die lug was belaai met emosie tydens hierdie stap

om die rugbybaan in die donker met net die

papiersakkies se liggies om die baan!


DAAR WAS OOK ANDER STAP GELEENTHEDE

Boitumela Hospitaal

se stap