MANDELA DAG

 

20 JULIE 2018

Die groot uittog na ‘n oop spasie in Snakepark het begin

reeds op Donderdag 19 Julie 2018.

Dit was ‘n groot werk om alles op die vragmotor gepak te kry!

Vroeg-vroeg Vrydag oggend het ‘n span vrywilligers en Caregivers vertrek met NFS Caregivers

se Mandela dag uitreiking na die gemeenskap van Maokeng!

 

Petrus Moletsane was die drywer van die propvol vragmotor terwyl Carel Combrinck ook nog met ‘n bakkie vrag vol

goedere moes ry na die terrein.  Felicity, Suster Adri van Heerden, Kobie Malan en Cathy het saam gery met die brood,

“sweeties”, ma-Zimba chippies en ‘n paar sagte speelgoed vir spesiaal uitgesoekte “gaste” in die gemeenskap terwyl

Liana de Wet (Pasiënt) en Pinky saam met Irene Pienaar in haar motor ons gevolg het.

Frances Phooko en haar vrywilligers van Brentpark nl. Magdaleen, Brenda en Maria het ook daar ge-arriveer vir ekstra hulp!

 

Intussen het Suster Selina Letsele en haar span Caregivers van Maokeng het daar ge-arriveer en solank die

area vir ons ‘n bietjie leefbaar gemaak!

Suster Selina se man, Isak het net so ywerig die mense in ‘n lyn staan gemaak vir die groot dag wat moet begin.

 

‘n Gazebo is opgeslaan waar ‘n groot bedrywigheid begin het om vir die massa mense wat aankom by die minuut reg te staan.

Ons het 40 brode gesmeer, 80 liter sop uitgedeel (gemaak en geskenk deur Tharine Hurter van Kroonnuus) asook nog

60 liter ander sop skenkings vanuit die gemeenskap waarvoor ons baie dankbaar is.

Ons dank die Vader dat daar absoluut geen onaangename insidente was nie!

 

Ons het vir ongeveer 800 mense kos en klere uitgedeel terwyl ons vir die sowat 90 kindertjies van Kgotsong Creché

van Luma-Holland Vrywilliger Groep broodjies, sop en speelgoed uitgedeel het.

 

Ons het by nog ‘n creché hoër op in die straat gaan broodjies, sop, lekkergoed en speelgoed aflewer.

Tatho Day Care Centre (geregistreeer by Departement Maatskaplike Ontwikkeling) bestaan net ‘n uit ‘n sink “gebou”

vol gaatjies en openinge wat met koerant papier toegestop is asook een venster wat nie oop of toe kan maak nie, geen

vloerbedekking (die kinders sit en lê op ou komberse), karig gemeubileer met ‘n paar groot stoele.

Die gelukkige kinder gesiggies kon deur geen geld in die wêreld gekoop word nie! Ons is in trane daar uit …

maar het intussen dadelik ‘n plan beraam om hulle te help.  

 

Daar is vrolik vir ons ge-“Pose” maar wat veral aan ‘n mens se hart gryp is die verskriklike armoede en hierdie dag het ‘n

groot verskil in baie mense se lewens gemaak danksy die lotto se befondsing!!

Daar was bv. ‘n man (werkloos) wat baie trots sy vroutjie vir ons gewys het (ook werkloos en hoog swanger asook gestremd!!! –

sy is sonder tone en die voorvoet gebore) maar hy sy is sy alles!!

 

Moeg, vuil en vol stof het ons teen 13:30 begin oppak met nog steeds mense wat in aantog is! Dit was ‘n vermoeiende en

uitputtende dag maar ons was hoogs gelukkig met hierdie dag se uitreiking waar ons soveel mense se lewens kon aanraak.

‘n Mens kan jou nie indink in hierdie verskriklike armoede voordat jy nie self in so ‘n situasie verkeer het nie!!

Dit is onbeskryflik en dank ons die Liewe Vader dat ons baie geseënd is!