GASKUNSTENAARS

 

Dit is met ‘n swaar hart wat ons u vanoggend moet meedeel
dat ons ongelukkig die projek moet kanselleer!

 Ewe skielik is daar soveel ander projekte wat plaasvind in Kroonstad op 09 Maart 2024!
Tans is daar vier wat geadverteer word! o.a. Boereverenigings wat ekonome kry van banke
rondom ons omgewing waarop ons juis gekonsentreer het!
Die kleiner dorpies rondom ons het almal baie aktiewe boereverenigings.
Tans is daar is ‘n vroue projek by ‘n NG Kerk, ‘n dames kamp by die Baptiste kerk,
‘n manne dag by Selgemeente en ‘n Sanger by ‘n skool.

Ons kyk egter na 'n latere datum in die jaar, so hou die spasie dop!

 

Dr Roelof Botha (bekendstelling)

Dr Roelof Botha is ʼn voormalige wenner van die Finmedia Ekonoom van
die Jaar-
kompetisie en het al saam met twee Nobel Vrede pryswenners opgetree.
Beroep ondervinding (van meer as 40 jaar) sluit die volgende in: ekonomiese beleidsraad gewer
by Nasionale Tesourie; finansiële redakteur van Die Transvaler; senior lektor in ekonomie by
verskeie Universiteite (insluitende die GIBS-Sakeskool); en hoof-ekonoom van die SA Federasie
van Nywerheidskamer.

Meer as 2,000 artikels en navorsingsverslae is reeds deur hom gepubliseer en hy het al vir meer as
1,000 maatskappye en instansies met strategiese insette oor die stand van die ekonomie en die
maatskaplike-politieke bedeling in Suidelike Afrika bygestaan. Hy is tans die ekonomiese raadgewer
van die Optimum Beleggingsgroep en ook die outeur van verskeie rubrieke, onder meer in Beeld,
Die Burger, Media24, Business Maverick, BetterBond Property Brief
en The Bright Side, wat deur
Currencies Direct gepubliseer word.

 Onlangse raakvat-voorspellings sluit die BBP-groeikoers vir 2021 en 2022, die herstel van die rand en die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinnings in 2019 en 2023 in! Hy is ʼn sport geesdriftige en ʼn lid van die Gideons.

 

28 OKTOBER 2023 

V.l.n.r. – Matthys Roets, Felicity Combrinck, Germandt Geldenhuys, Wollie van Schalkwyk, Danie Niehaus

Die Drie van die Bestes projek was ‘n reuse sukses danksy Kroonstad se gemeenskap wat die organisasie so goed ondersteun het!

 Alles het goed afgeloop en is die programook  só aangepas om betyds  
te wees vir die
Groot Rugby se Wêreld Eindstryd Beker in Frankryk.

 

Besoek gerus ons Facebookblad by NFS Caregivers Kroonstad
vir nog foto’s van die projek
!

 

27 APRIL 2019 
 
Saterdag 27 April 2019 om 17:00 by die
Johan Slabbert Skoolsaal

Dirk Havenga is die nuwe sang- en musiekonderwyser
op die dorp.  Hy het ‘n terugslag  as musikant beleef in
die stad, en probeer nou sy heil vind op die platteland. 
Hy is metodies, passievol oor musiek en kruip weg
agter
‘n gordyn van sarkasme en harde werk.

Mariëtte Labuschagne werk in ‘n boekwinkel op
dieselfde dorp. Sy droom haar hele lewe lank
van ‘n loopbaan op die verhoog.
 
Al wat sy wil doen is sing en “perform”.  Sy is spontaan, lewenslustig, altyd gereed om ‘n grappie of 
‘n storie en sy is altyd ongeremd. 
Mariëtte is reg vir haar eerste sangles.  Is Dirk?

Hierdie kombinasie kan óf ‘n resep vir 'n ramp
wees óf dalk net wat hulle albei nodig het?

 

Germandt Geldenhuys (beter bekend as Louis Koster in die gewilde kykNet sepie, Binnelanders) en Je-ani Swiegelaar (beter bekend as sr. Naomi Ferreira in Binnelanders) maak vir die eerste keer saam hulle verskyning op die verhoog in die bittersoet komedie.

Dié produksie beloof om iets te wees wat die gehoor se ore, lagspiere, traankliere en harte sal aanraak.  Kom wees deel van hierdie unieke teater-ervaring waar storie, musiek, stemme en drome saamgeweef word en kom vind uit hoe belangrik dit is om jou eie stem te vind in ‘m wêreld wat jou soms wil stilmaak.

 
 
 
11 AUGUSTUS 2018

 

 

ANDRIES VERMEULEN se projek
het baie goed verloop!

Hy is voorwaar ‘n inspirasie vir
baie mense.

Dit vat regtig “guts” om sover te
kom in die lewe soos wat Andries
vroeg vanaf sy kinderjare ervaar het!

 

Baie dankie aan almal wat kaartjies gekoop het en aan al die donateurs!

 

MEMORIBILIA GESKENK AAN NFS CAREGIVERS

Tydens Andries Vermeulen se vertoning Saterdag, 11 Augustus 2018 het ons organisasie ‘n groot verrassing ontvang!

Meer agtergrond inligting insake die memoribilia: Pieter van Rensburg kom blykbaar van dieselfde wêreld as Andries

Vermeulen en het hy vir Andries genader om die memoribilia op te veil vir NFSCG vir verdere fondse.

Hannes en Irene du Toit van JNL Rekenmeesters het die fantastiese memoribilia gekoop.
Dit pryk tans in hulle kantoor!

Felicity en haar span caregivers was betrokke by Penny se oorlede moeder,
Lodola Gordon wat ook aan kanker
metastase gesterf het.

Pieter het die hele proses ervaar en het ‘n droom gehad dat hy iets ekstra vir die
Caregivers as organisasie wil doen.

Hy het die Memoribilia bekom dmv sy werk. Hierdie pragstuk is ‘n rugby-liefhebber
se droom en nog meer!!

Felicity was oorstelp maar baie dankbaar vir hierdie uitreiking na die organisasie.

 
 21 APRIL 2018
 
 

MARION HOLM se vertoning was ‘n reuse sukses op

 Saterdag 21 April 2018 en het meer as 300 dames getooi

in die sestigerjare se modes ‘n heerlike middag geniet saam 

met Marion. Daar was eintlik ‘n lewensles te leer uit 

hierdievrou se vrolikheid en positiewe uitkyk op die lewe

ten spyte daarvan dat sy ook die pad van kanker geloop het.

 

 

14 OKTOBER 2017

LIZZ MEIRING het in Kroonstad opgetree ten bate van NFS Caregivers.
Vrouens het heerlik gekuier, gedos in Gatsby styl klere!
Die tema van Lizz se optrede was:  "Met Ander Woorde"

Gasvrouens het hulle gaste lekker bederf met heerlike eetgoed.