LEWERKANKER

Protesteer jou lewer?

Die lewer is verantwoordelik vir baie funksies van die liggaam. `n Sukkelende lewer beteken hierdie prosesse is nie doeltreffend en dit kan lei tot verdere komplikasies. As een van die
mees noodsaaklike organe in die verteringsproses, is die lewer verantwoordelik vir die
afbreek van voedsel in energie asook om ontslae te raak van gifstowwe uit die bloed.

Lewer pyn word gevoel in die boonste regterkantste deel van jou liggaam onder jou ribbekas.
Dit voel gewoonlik  soos `n pyn wat dof is, of die pyne kan skerp wees en kan soms vergesel
word deur skouer pyn.

Dit is belangrik om `n afspraak met jou dokter te maak indien jy aanhoudende simptome
en pyn ervaar.

 

Primêre lewerkanker:  Hierdie toestand word veroorsaak wanneer lewerselle abnormaal groei. Dit is net waarneembaar nadat dit ‘n gevorderde stadium bereik het. Simptome sluit in die vergroting van die lewer, eetlus verlies, gewig verlies, swakheid en moegheid, naarheid en braking, boonste regterkantste abdominale pyn, vel verkleuring en wit oë. Behandelings sluit chemoterapie, bestraling, moontlike leweroorplanting in uitsonderlike gevalle, krioterapie of kriochirurgie met bestraling.

Lewerkanker is van die kankersoorte wat aggressief kan groei en binne weke na diagnose dood kan veroorsaak.

Lewerkanker het nie grense nie. Dit kom by alle rassegroepe voor en onder alle geslagte.

Volgens prof.  Ben Smit, bekende radioterapeut van die Tygerberg Hospitaal, is daar groot variasie in die groeispoed tussen kankersoorte.  Baie kankersoorte wat as aggressiewe en vinniggroeiende kankers bekend staan, veroorsaak gou ná diagnose die dood omdat hulle laat opgespoor is, en omdat hulle swak op behandeling reageer. Lewerkanker wat primêr in die lewer ontstaan, is 'n baie dodelike kanker en reageer byna glad nie op enige chemoterapie nie.

Die grootste oorsake van lewerkanker is blootstelling aan die aansteeklike Hepatitis B-virus wat 'n soort geelsug veroorsaak en blootstelling aan aflatoksien, 'n gifstof wat deur gemufde grondboontjies, mielies en ander graanprodukte afgeskei word. Die meeste gevalle van lewerkanker behoort in beginsel voorkom te word deur inenting teen Hepatitis B (wat nou in Suid-Afrika beskikbaar is) en deur nie swambesmette produkte te eet nie, het prof. Smit gesê. Die sleutel lê dikwels in vroeë opsporing. 

Jou Dieet?

Jy wil voedsel eet wat jou sal help om gesond te bly. Gebruik hierdie wenke om `n lewerkanker dieet wat jou moontlik sal kan help.

  • Verlies van eetlus is `n simptoom van lewerkanker. Jy kan naarheid en abdominale pyn ervaar, sodat jy nie sal wil eet, maar jy
    moet eet om jou kragte op te bou.

  • Drink genoeg vloeistowwe. Jou liggaam bestaan ​​hoofsaaklik uit vloeistof en dit is dus belangrik om jou vloeistowwe te drink sodat
    jou liggaam funksies behoorlik kan funksioneer. Jy kan ook `n droë mond van chemoterapie ontwikkel, so vloeistowwe sal jou help
    om beter in baie opsigte te voel.

  • Maak seker dat jy genoeg proteïene, vitamiene en minerale inneem om jou gesondheid in stand te hou. Eet kos soos neute, bone,
    lensies, vis en maer vleis.

  • Geur aan jou kos dat dit nie so vaal nie smaak nie. Chemoterapie en bestraling kan jou smaakknoppies verander. Jy kan geurmiddels,
    sout en marinades voeg by vleis om dit beter te laat smaak. Vermy sterk speserye as jy ‘n seer mond het.

  • Sit gesonde natuurlike bestanddele in jou kos om dit beter te laat smaak soos knoffel, groenrissies en uie.  Om ekstra geur aan jou geregte te gee, voeg neute en sade by.

  • Berei minder soet kos voor deur die byvoeging van suurlemoensap of lemmetjiesap. Voeg sout by, maar moenie te veel gebruik.

  • Eet baie vars vrugte en rou groente om jou gestel te probeer opbou. Hierdie natuurlike voedsel het baie vitamiene en minerale.             

Erkenning aan Health 24, Marí Hudson Health 24; Vrouekeur en Gesondheid asook foto’s (Internet)