MANSGESONDHEID

Mansgesondheid

Motivering vir
die manne

Gesondheid vir ons manne

Wat is verwaarlosing (mishandeling)  van bejaardes?


MANSGESONDHEID – o.a. FOKUS OP 5 TIPES KANKER

8 gesondheidsprobleme wat jou man nie moet ignoreer nie

Ervaar jou maat enige van hierdie probleme?

In ’n onlangse studie van Macmillan Cancer Support is bevind dat amper die helfte van mans nie oor

veranderinge in hul gesondheid, soos ’n knop, ’n agterdogwekkende
moesie of pyn, wil praat nie omdat

hulle nie wil hê mense moet dink hulle “maak ’n ophef” of as ‘n “Sissie” gemerk wil wees nie. In die studie

is ook bevind dat meer as 38% die afgelope jaar “snags wakker gelê het” weens bekommernis oor hul

gesondheid en 11% van mans wat in die laaste ses maande veranderinge aan hul gesondheid opgemerk

het, het ’n doktersbesoek uitgestel omdat hulle bang is dat hul simptome ’n teken van ’n ernstige ge­sondheidstoestand kan wees.

Hoewel vrees en verleentheid verstaanbaar is, is dit beter om so vroeg moontlik met ’n dokter oor ’n vreemde simptoom te praat, 

want dan kan dit vinniger opgelos word – of jy kan vinniger uitvind dis eintlik niks. Ons het met dr. Hilary Jones, algemene praktisyn

en handelsmerkambassadeur vir Tena Men, gepraat om uit te vind watter simptome mans nòòit moet ignoreer nie:

1. ED/Impotensie

Erektiele disfunksie het ’n paar oorsake, waarvan een van die algemeenstes ouderdom is en ‘n baie teer persoonlike saak is om aan te roer. Soveel as 52% van mans tussen 40 en 70 het gerapporteer dat hulle ED ervaar het, maar daar is steeds baie verleentheid daaroor en ’n stigma wat daarmee geassosieer word.

“Erektiele disfunksie kan konstant of net van tyd tot tyd voorkom. Jy kan dalk ’n ereksie kry wanneer jy  net wakker geword het, maar kan nie geprikkel word saam met jou seksuele maat nie. In hierdie geval is sielkundige stres of ’n verhoudingsprobleem heel moontlik die oorsaak. Neem dus tyd om te ontspan. As dit vir jou moeilik is om in enige situasie ’n ereksie te kry is die oorsaak waarskynlik fisiek. Wanneer simptome vir meer as ’n paar weke voortduur, is dit tyd om die dokter te gaan spreek.”

2. Gereelde hardlywigheid

Hardlywigheidis ’n algemene toestand wat almal kan raak. Vir sommige mense kan dit egter ’n langtermyn- (chroniese) toestand
wees wat beduidende pyn en ongemak veroorsaak. Ons beveel dieet- en lewenstylveranderinge aan om hardlywigheid te verlig, soos om jou daaglikse veselinname te verhoog, seker te maak jy drink baie vloeistof asook minder alkohol en probeer om oefening te kry.
As hierdie veranderinge nie help nie en die probleem voortduur, moet jy jou huisdokter gaan sien. Die rede is omdat opgeboude hardlywigheid tot ander toestande soos rektale bloeding, aambeie en divertikulitis kan lei waar sakkies in die voering van die dikderm ontwikkel en ontsteek raak.”

Mans is meer geneig tot kolon- en rektumkanker as vrouens.

3. Chroniese suur- Refluks (GERS)

Die meeste mans sal in een of ander stadium van hul lewe suurrefluks of sooibrand ondervind,

soos ná ’n aand wat jy te veel gedrink het of ná ’n baie groot maaltyd. Enige een wat dit al gehad
het, kan getuig van die uiterste ongemak en pyn wat met die toestand gepaardgaan.

“Chroniese suurrefluksdikwels ’n simptoom van gastro-esofageale reflukssiekte (GERS), waar suur
uit die maag lek, op in die slukderm. Dit is ’n algemene toestand, maar vir sommige mense kan dit
’n ernstige, lewenslange probleem wees. Behalwe vir suurrefluks, kan ander simptome van GERS sooibrand, slegte asem, opgeblasenheid en naarheid insluit, asook pyn wanneer jy sluk. Jy hoef nie noodwendig jou huisdokter te gaan spreek as jy die simptome ongereeld kry nie, maar wanneer dit gereeld gebeur en die simptome erg is en medikasie nie help nie, maak ‘n dokters afspraak. Dit is omdat maagsuur jou slukderm
kan beskadig en verdere probleme veroorsaak, soos maagsere en letsels. Veranderinge in die selle wat die voering van die
slukderm vorm, kan ook tot kanker lei.”

4. Pyn of bloeding tydens urinering

Net sowat 20% van gediagnoseerde urienweginfeksies is in mans, maar hulle is meer geneig om weens dit gehospitaliseer te word
as vroue. “Normale urine behoort nie enige bespeurbare hoeveelhede bloed te bevat nie en indien jy dit ervaar, moet ’n dokter dit ondersoek. Hoewel dit nie gewoonlik ’n teken van enige iets lewensbedreigends is nie, moet dit steeds ondersoek word.
Die bloeding word dikwels deur ’n urienweginfeksie veroorsaak en kom van êrens binne die urienweg – die niere, blaas of die
buise waardeur die urine beweeg. Bloed in die urine kan ook ’n resultaat van ’n infeksie in die blaas en niere, nierstene, uretritis
en ’n vergrote prostaatklier wees.  Vir mans oor 50 kan dit moontlik ’n teken van
kanker in die blaas, niere of prostaat wees.

5. Erge borspyn  

Die meeste borspyn is nie hartverwant nie en nie noodwendig ’n teken an ’n lewensbedreigende probleem nie. Sommige algemene oorsake van borspyn is
gastro-esofageale reflukssiekte (GERS), kostochondritis (inflammasie van die kraakbeen) en 
paniekaanvalle. Borspyn kan deur enige iets van spierpyn tot ’n hartaanval veroorsaak
word, maar moet nooit geïgnoreer word nie. As die pyn swaar voel, langer as 15 minute
aanhou en na ander dele van jou liggaam, soos jou arms, rug of kakebeen, versprei, moet
jy dadelik ’n ambulans laat kom, veral as die pyn met kortasemigheid, duiseligheid,
naarheid of sweet gepaardgaan. Erge borspyn kan ’n simptoom van óf angina wees, waar
die bloedtoevoer na die hartspiere beperk word, óf ’n hartaanval, waar die bloedtoevoer na ’n deel van die hart skielik versper word.
Die groot verskille tussen hierdie toestande is dat borspyn wat deur angina veroorsaak word, geneig is om beter te raak nadat jy ’n
paar minute gerus het, maar simptome wat langer as 15 minute duur en gebeur terwyl jy rus, meer geneig is om deur ’n hartaanval veroorsaak te word.

6. Lekkasie van urine

Hoekom jy snags toilet toe moet gaan?

Navorsing deur TENA Men het bevind dat urinêre lekkasie in een uit elke vier Britse mans ouer as 40 voorkom, en veroorsaak kan
word deur eenvoudige goed soos om te veel koffie te drink of swaar gewigte in die gim te lig. Die Nasionale Instituut van Diabetes
en Spysvertering- en Niersiektes in Brittanje gee ’n paar moontlike oorsake van manlike urinêre inkontinensie, soos geboortedefekte van die urienweg, behandeling teen prostaatkanker, oorgewig en natuurlik ouderdom. Dit is belangrik om die oorsaak van urinêre lekkasie te verstaan, want in sommige gevalle kan dit weens ’n ernstiger onderliggende toestand soos neurologiese of prostaatprobleme wees. Mans ervaar urinêre lekkasie weens ’n verskeidenheid van redes, waarvan die algemeenste met die prostaat verband hou. Jy sal ’n verhoogde, dringende behoefte hê om te urineer en sal dikwels
snags wakker word om toilet toe te gaan.

8. ’n Knop in die testikel (algemeen 15-39 jaar)

Volgens Macmillan Cancer Support is mans 60% meer geneig om kanker te kry en 70% meer geneig om weens die siekte te sterf
as vroue. Die sterftekoers kan heel moontlik soveel hoër wees omdat hulle minder geneig is om dokter toe te gaan sodra hulle ’n verandering in hul liggaam bespeur. “Die meeste gevalle van knoppe in die testikel is nie ernstig of kankeragtig nie.
Testikulêre kanker is trouens skaars en dis geneesbaar as jy dit vroeg opspoor. Omdat dit egter moeilik is om die oorsaak van ’n
knop in die testikel vas te stel, behoort jy ’n afspraak by jou dokter te maak as jy enige knoppe, swelling of pyn in jou testikels opmerk. As jy jou testikels gereeld self ondersoek, sal jy hierdie veranderinge vroeg reeds kan raaksien.

9. Veranderinge in jou tepels of omliggende deel

Soms is dit nie eens vrees en verleentheid wat keer dat mans dokter toe gaan nie, maar bloot omdat hulle nie bekommerd raak nie. Omdat borskankeras ’n “vroulike” siekte beskou word en selde in mans voorkom, is dit verstaanbaar dat dit nie die eerste ding is waaraan jy dink wanneer jy ’n verandering opmerk nie. Maar net omdat dit skaars is, beteken dit nie dit kan nooit gebeur nie, en om
nie bewus van die simptome te wees nie, kan lewensveranderende gevolge hê (soos ’n vertraging in behandeling), sê John Newlands, senior kankerinligtings­verpleegspesialis by Macmillan Cancer Support.

Borskanker in mans is skaars – slegs sowat 350 mans in Brittanje word elke jaar gediagnoseer. Baie mense weet nie dat mans borskanker kan kry nie, omdat hulle nie daarvan bewus is dat mans borste het nie, maar hulle het ’n klein hoeveelheid borsweefsel agter hul tepels waar dit kan ontwikkel. In die meeste mans word borskanker eers as ’n pynlose knop agter die tepel of areola opgemerk. Ander tekens kan ’n ingeduikte tepel insluit, asook veranderinge aan die grootte of vorm van die bors, ’n uitslag of bloeding uit die tepel, ’n swelsel of knop in die armholte of ’n ulkus op die vel van die bors.”

 

FEITE:

Doen gereelde self-ondersoeke;

Gaan gereeld vir jou PSA-bloed toets vanaf 50 jaar en ouer.

Daar is 5 groot kankers wat mans in Suid-Afrika affekteer:

Kolorektaal; Prostaat; Testikulêr; Long; Blaas.

Rook kan deurgetrek word na
al hierdie kankers!!

Dis nooit te laat om op te hou rook nie!

(Dit sluit Vaping (E-sigaret) & Hubbly Bubbly in)

Meeste kankers kan voorkom word deur ‘n gesonde leefstyl

te handhaaf, geen rook of uitermatige alkohol
verbruik en te

gaan vir vroeë opsporing. 

Vroeë opsporing kan jou lewe red van die groot K-woord (KANKER)

Bron: www.goodhouskeeping.co.uk

 

Motivering vir die Manne

Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val,

maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag (Jes. 40:30-31).

Omdat ons van mening is dat die man­ne in ons same­lewing in die heden­daagse tyd menige uitdagings moet trotseer,

terwyl hul steeds as steunpilare van gesinne, families, gemeenskappe, boerderye en besighede moet sterk staan.  

Ons weet mans praat of huil nie maklik nie maar meneer wanneer is daar tyd om vir ‘n wyle te laat ontspan, te inspireer

en jou te laat lag? Julle verdien dit! Dit is ‘n onontbeerlike feit dat slegte dinge met goeie mense gebeur,

maar dat jy altyd die keuse het om jou verlies in ‘n wins om te skakel.

Ver­­houdings speel ‘n groot rol in die herstel en bemoedigingsproses, veral naby verhoudings met vriende en familie.

 Hier is die sleutel na motivering wat hou:

 Motivering is ’n magiese woord. Dis iets waarna ons almal strewe.

Mense sal enigiets doen om gemotiveerd te wees en te bly.

Hulle lees boeke, woon praatjies by en luister na

motiveringsprekers om dit reg te kry. Maar daar ís maniere wat jy jouself gemotiveerd kan hou.

Motivering IS …

• Motivering beteken om te beweeg. Dit is afgelei van die Latynse woord “movere”.

• Motivering is dus gedrag in aksie. Jy moet doen en nie net droom nie, jy moet in beweging kom.

Motivering is ook die motief waarom jy iets doen.

 Motivering IS NIE …

• Dis nie ewigdurend nie, maar moet gedurig aan die brand gehou word omdat dit ‘opgebruik’ word.

• Motivering is nie effektief as dit van buite kom nie – die diepste, betroubare motivering is dit wat van binne jou kom.

 Skep NUWE MOTIVEERDERS

Dit is goed om van tyd tot tyd jou lewe in heroorweging te neem:

• In watter areas voel jy moedeloos en lus vir niks?

• Hoe lank het jy al ’n sekere doel, maar is nie in staat om dit deur te voer nie? 

As jy nie opgewonde is om jou doel na te jaag nie, moet jy miskien nuwe motiveerders inbou. 

As jy vir jare al sê jy wil gewig verloor en jy het dit nog nie reggekry nie, skep vir jouself motiveerders.

Kry vriende wat saam met jou op ’n gesonde eetplan sal gaan en oefen of kry ’n realistiese datum en geleentheid

as motivering.

Om te doen, moet jy opgewonde wees om by die eindpunt uit te kom.

 Begin VAN VOOR AF

As niks vir jou werk nie, is dit goed om van voor af te begin.

Heroorweeg wat jou doelwitte is, heroorweeg hoe jy die doelwitte wil bereik en indien nodig, kry nuwe doelwitte.

As jy elke oggend opstaan met geen lus vir die dag nie, moet jy aanvaar dat verandering nodig is. 

Dan moet jy weet dis tyd om ’n nuwe hoofstuk te skryf.

 Dis ELKE DAG nodig

Zig Ziglar, ’n motiveringspreker is deur iemand gekonfronteer met die stelling dat hy ’n Yes-man is.

“Jy kry mense opgewonde en positief en almal skree ‘ja!

Ek glo in myself’, as jy hulle toespreek. Sodra jy weg is val alles weer plat en gaan alles terug na die ou, gewone patrone.”

Sy antwoord was dat motivering iets is wat elke dag moet gebeur, hetsy deur iemand

van buite of deur die individu self. “

Ons eet elke dag en ons het nie ’n probleem daarmee nie, net soos kos ons daagliks

van energie voorsien, net so is motivering ons daaglikse petrol om voort te gaan.”

 

Dis ’n EMOSIE

Onthou, motivering is ’n emosie. As jy positief en opgewonde is oor dinge in jou lewe, sal jy elke dag opspring

en bly wees oor die nuwe dag, alles sal ekstra mooi lyk en jy sal ’n inspirasie vir ander wees.

Jy moet hierdie emosie dus gesond en lewenskragtig hou!

 Identifiseer ’n DOELWIT

Besluit op die plek om jou lewe reg te ruk. Nie more of volgende week of volgende maand nie. NOU is die beste tyd!

Skryf jou doelwitte neer.

Kry professionele hulp indien nodig. Jou gesin se ondersteuning asook bewondering sal jou motiveer om te volhard!

Jy moet ’n VISIE hê

Om gemotiveerd te wees moet jy ’n motief hê, want ’n motief is

’n rede om op te tree.

Sonder ’n rede om te lewe of aan te gaan, is jou lewe leeg.

Jy moet besluit hoe moet die prent van jou lewe lyk as jy aan die

einde daarvan kom; wat die einde van jou movie moet wees. 

                                                                  Dit sal jou help om gemotiveerd te bly totdat jy slaag.

 

 7 AKSIE-STAPPE

Volg die stappe om weer gemotiveerd te raak.

1.  Begin weer droom. Vra vrae soos: ‘Wat wil ek graag in die lewe bereik?’ ‘Wat is my passie?’

2.  Visualiseer hierdie droom in aksie.

3.  Begin werk daaraan, gee dit ’n inspuiting deur bv. ’n kursus by te woon of te beplan hoe jy dit ’n realiteit gaan maak.

4.  Werk om resultate te kry, hoe meer resultate jy sien, hoe meer gemotiveerd sal jy raak.

5.  Dink positief. Moenie dat ander jou negatief beïnvloed nie. Glo in jouself!

6.  Beweeg vorentoe en hou jou oog op die einddoel.

7.  Hersien die stappe gereeld om jou fokus te behou.

 

Gesondheid van ons manne?
 

Mans gaan nie graag dokter toe nie. 

En dit is reg, want jou liggaam hét ’n ingeboude her­stelmeganisme

Gee hom ge­noeg tyd, en baie kleiner kwale kom self reg.

Maar – en dit is belangrik – daar is ’n grens.

 

 

Hoe kan jy pro-aktief wees?

1. Gaan vir jou jaarlikse ondersoeke en doen jou toetse.
(En maak ’n nota op jou kalender, sodat jy elke jaar terug gaan.)

2. Let op na jou lyf. Dit verklap die ernstige simptome van gevaarliker siektes – as jy oplet.
Gaan dokter toe as jy enige van hierdie 17 simptome en tekens van gevaarliker siektes het. 

Die uitdaging is om raak te sien wanneer jou liggaam homself kan help en wanneer die kwaal ernstig genoeg is om ’n ekspert in te kry.

“Hieronder volg ’n lys van tekens wat gewoonlik dui op iets buite die gewone.
As enige daarvan nie vanself binne twee weke weggaan nie,
'
n spreek jou dokter of internis”
, sê dr. Dominique Stott.

Ernstige simptome waaroor mans hulle móét bekommer vir moontlike gevaarliker siektes

• Jou voete, enkels en hande is geswel
• ’n Klopping, teerheid of swelling in ’n aar
• Enige knoppe of harde swellings veral in jou pelvis of oor jou middellyf of aan jou nek of keel
• Enige pyn oor jou hart as jy oefen of onder baie werkdruk is
• Onverklaarbare sweet en gloede
• Naarheid 
• Pofferige oë
• As jy vanself gewig verloor
• Urienprobleme en onwelriekende uriene
• Chroniese diarree en/of hardlywigheid. Enige verandering in jou maagroetine
• Erektiele disfunksie
• Stres wat jou vang en ly tot woede, roekeloosheid (soos om kanse op die pad te vat, te veel te drink) hoofpyn, slaaploosheid of       verlies aan belangstelling in die dinge wat jy altyd geniet het)

• Skielike dors                                • ’n Aanhoudende hoes
• Moegheid                                     • Hoofpyn                                             • Enige pyn

Wat as jy wag?

Die toestand raak net al erger, jou liggaam verswak en kry meer skade, en dit raak baie duurder om te genees.
Dit kan jou mediese fonds uitput, en jou sélf bitter baie geld kos. Voorkoming is doodeenvoudig goedkoper -
Erkenning aan Dr Dominique Stott (internet)

 

“MOET my tog nie verwerp nou

dat ek oud geword het nie, moet

my tog nie alleen laat nou dat

my kragte ingegee het nie”. 

Psalm 71:9 is die uitroep van

meeste van die bejaardes
.

 

Wat is verwaarlosing (mishandeling) van bejaardes?

Het jy ook in jou kop 'n prentjie van 'n brandmaer ou tannie of oom met geskeurde klere aan en vuil of stukkende merke
op die gesig of arms wanneer jy oor verwaarlosing van bejaardes dink? Dit is egter net een van die "prentjies"van verwaarlosing of mishandeling van bejaardes! Volgens die Wet op Ouer Persone van 2006 is verwaarlosing van bejaardes die miskenning
van hulle regte
– die miskenning dat hierdie persoon as 'n individu gesien word en ook, soos ons almal, menseregte het.
Party van ons sal dalk sê hierdie dinge gebeur nie in my huis, gemeenskap of selfs kerk nie – maar die skokkende werklikheid
is dat dit wel om ons gebeur − terwyl ons nie die impak op die bejaardes se menswaardigheid besef nie.

Wat is verwaarlosing dan?

Daar word vier soorte mishandeling onderskei met die algemeenste sekerlik die handeling of dreigement van fisiese geweld.
Dan is daar ook
seksuele mishandeling en sielkundige mishandeling wat te doen het met vernerende gedrag teenoor bejaardes.  Dit sluit dreigemente om emosionele pyn te veroorsaak, in. Ekonomiese mishandeling vind plaas wanneer
die ouer persoon se ekonomiese en finansiële bronne hulle ontneem word. Ongelukkig kom dit deesdae al meer voor
dat kinders en kleinkinders die bejaarde persoon (ma/pa/oupa/ouma) by hulle laat intrek en hulle dan die bejaarde se pensioen opeis vir die voordeel om by hulle in te woon.

Wanneer moet opgetree word?

Die Wet (Artikel 26) plaas 'n verpligting op enige persoon om enige vermoedens van
verwaarlosing en/of mishandeling van ouer persone by die Departement van Sosiale en
Maatskaplike Ontwikkeling of die SAPD aan te meld.

 ELDERLY ABUSE HOTLINE

0800 003 081

Bejaardes was op 'n stadium in hulle lewe belangrik genoeg geag om iets vir die samelewing te doen en het bygedra tot
baie wat ons kan geniet. Vandag is dit ons plig maar ook ons voorreg om toe te sien dat die bejaardes in ons samelewing
vry van verwaarlosing en mishandeling menswaardig en met respek en liefde behandel word.