SOKKER
LOTTO – SOKKER TOERNOOI 2018
Ons het ‘n reuse sukses Sokker Toernooi gehad op 9 Augustus 2018 in Snakepark, Maokeng
Ongeveer 700 kinders het kos ontvang op hierdie dag
‘n Kospakkie is opgemaak deur die volgende:
Gebraaide Wors met tamatie/uie sous, lemoen, lekkergoed
Toppie Capazorio het 350 lang worsbrood rolle aan NFSCG geskenk vir die sokker
Simon Welgemoed van Maningi Meats het vir ons ‘n groot afslag beding op die massa wors wat ons aangekoop het
Suster Adri van Heerden se man Tobias het vir ons daardie massa wors gebraai!!
Baie dankie aan almal se hulp soos bo genoem!
Dankie vir julle bydrae aan ons uitreikings program in die gemeenskap van Maokeng
NFSCG het 2 sokker uitrustings kon aankoop met lotto befondsing ROOI en BLOU
Ons kon ook fluitjies aankoop asook 4 sokkerballe
Daar is ‘n skole netbal span vir wie on 2 netbal balle kon aankoop terselfdertyd met lotto befondsing
en is uitgedeel aan hulle die aand met die prys uitdeling.