Hierdie huis is ‘n huis vir vigs-wesies en het ons betrokke geraak deur die volgende te doen met behulp van lotto befondsing
Solar geysers op gesit & Water tenke geïnstalleer
Groenteplantjies, tuingrond en kompos vir hulle groenetuin in buitebande
Kospakkies en klere vir kinders gekoop
AUGUSTINE & LERATO HLAOLE
Ons het ‘n blinde HIV/AIDS pasiënt met haar 9-jarige seuntjie gehelp om hulle blyplek meer leefbaar te maak in samewerking met lotto befondsing. Sy en die kind bly saam met haar ma in ‘n garage agter in ‘n erf.
Die pasiënt is met die HIV-virus gediagnoseer en was baie, baie siek. Die dokters het besluit om haar oë te verwyder omdat die virus na haar oë versprei het. Dit is ‘n baie rare geval, maar dit gebeur!!
Dit was ‘n baie dankbare gesinnetjie wat ons gehelp het en het gehuil van blydskap toe ons uiteindelik klaar was met die opknappingswerk!