PANKREASKANKER
Wat is dit?
Die pankreas is ‘n orgaan wat in die linkerkant van jou maag sit. Die pankreas het twee hooffunksies.
Dit maak verteringsensieme (proteïene wat voedsel afbreek) en hormone wat bloedsuiker, soos insulien, reguleer.
Pankreaskanker vind plaas wanneer abnormale selle onbeheerd raak in die pankreas. Die meeste pankreaskanker kom voor in die deel van die pankreas wat spysverteringskanale affekteer.
‘n Klein aantal pankreaskanker kom voor in ‘n deel van die pankreas wat help om bloedsuiker te reguleer.
Dit is baie belangrik dat U dokter uitvind watter soort pankreaskanker u het omdat die twee tipes verskillende behandelings het.
Hierdie artikel sal fokus op die eerste tipe, wat adenokarsinoom genoem word.
Die probleem met pankreaskanker is dat dit ewoonlik versprei voordat enige simptome voorkom.
Medici weet nie wat veroorsaak pankreaskankernie, maar dit is ‘n feit dat dit meer algemeen voorkom veral onder rokers, mans, mense met diabetes en Afro-Amerikaners.
Mense wat operasies gehad het vir maagsere of wat chroniese inflammasie van die pankreas gehad het, is ook meer geneig om hierdie kanker te ontwikkel. En hierdie tipe kanker kan in families voorkom.
Simptome
Simptome van pankreaskanker mag nie dalk dadelik opgetel word nie. Die mees algemene tekens van pankreaskanker is:
Pyn oor lewer area (waar pankreas geleë is)
Gewigsverlies
Vergeling van die vel en oë (geelsug)
Jeuk
Bruin urine
Baie ligte dermbewegings
Naarheid en braking
Verlies van eetlus
Rugpyn agter die lewer-area in die rug
Ander waarskuwingstekens van probleme in die pankreas sluit in skielike diabetes of probleme in die beheer van bloedsuiker.