Ons was weer gelukkig om ‘n toelaag te kon ontvang vanaf die Lotto in Maart 2023.
Hier is van die gesinne wat kospakkies ontvang het.
80 Kersfees kospakkies kon op 14 Desember 2018 uitgedeel word aan behoeftige pasiënte in Maokeng, Brentpark asook kankerpasiënte in Groter Kroonstad. Manny’s het geskenkpakkies geskenk vir die kinders/kleinkinders van die pasiënte terwyl Pick ‘n Pay Panorama Plazapakkies koekies vanaf hulle bakkery geskenk het vir elke kospakkie.
Baie dankie ook aan ShahnaazMoola van Supa Quicken ook bestuurslid van organisasie, wat weereens hulp verleen het met die aflewering van Brentpark se kospakkies!Wollie het gereël vir speelgoed vir die kleingoed wat elkeen in geskenkpapier toegedraai was. Ons waardeer almal se donasies en insette opreg!
Hier omhels ‘n gestremde dogter die groot pienk teddiebeer wat sy gekry het. Sy kan glad nie praat en loop nie en seil-kruip op die vloer. Mens kan sien die blydskap is baie hoog!!
Felicity het kospakkies, sagte speelgoed, lucky packets en sweeties gaan uitdeel by pasiënte van die groter Kroonstad.
80 gebalanseerde kospakkies kon gedurende September 2018 uitgedeel word aan behoeftige pasiënte in Maokeng.
Brentpark asook kankerpasië met hulle behoeftige gesinne in groter Kroonstad.
Ons kon weer 75 kospakkies eindeApril 2018uitdeel aan behoeftige pasiënte asook pasiënte in Maokeng en Brentpark. Ons kon ook weer ‘n maandelikse kospakkie voorsien aan die 3 mense op Geneva. Vrywilligers uit gemeenskap neem dan die kospakkie vir hulle.
Ons kon weer 75 kospakkies gedurende Mei 2018 uitdeel aan behoeftige pasiënte asook pasiënte in Maokeng, Brentpark (foto’s hier onder) asook ‘n paar behoeftige gesinne in Kroonstad (Kanker pasiënte).
Ons kon ook weer ‘n maandelikse kospakkie voorsien aan die 3 mense op Geneva. Die vader van die gesin het afgesterf op24 Mei 2018. Ons het die gesin ook altyd met 1 pak doeke gehelp per pasiënt.
Ons kon weer 65 kospakkies gedurende Junie 2018 uitdeel aan behoeftige pasiënte in Maokeng (foto’s hier onder), Brentpark asook ‘n paar kankerpasiënte met hulle behoeftige gesinne in Kroonstad.
Ons kon ook weer ‘n maandelikse kospakkie voorsien aan die 2 mense op Geneva. Ons help die terminale kankerpasiënt met doeke.