SLUKDERMKANKER

 

Dit word aanbeveel dat jy spoedig moontlik ‘n mediese ondersoek 

moet laat doen sodra ongemak ervaar word, want dit kan die kanse

van vroeë opsporing en suksesvolle behandeling aansienlik vermeerder.

 

Mense moet vertroud raak met die waarsku-tekens van slukdermkanker en spoedig om hulp aanklop by:

 Die naaste hospitaal of kliniek of jou mediese dokter

Behandelingsentrums en/of plaaslike ondersteuningsgroepe indien beskikbaar

 

WAARSKUWINGSTEKENS

 Geleidelike probleme met sluk

Gewigsverlies

Slegte spysvertering of braking

Aanhoudende sooibrand

Fisiese uitputting en swakheid

Aan die begin toon slukdermkanker geen tekens nie

 

WIE LOOP GEVAAR VAN SLUKDERMKANKER?

 Mense wat:

·         Mielies eet wat met swam gifstowwe besmet is

·         Tabakprodukte gebruik in kombinasie met alkohol

·         Rook

·         Gereeld Candida Albicans-infeksie kry (’n swam wat

  siektes in die spysverteringstelsel veroorsaak)

 

WAT IS DIE SLUKDERM (OESOFAGUS)?

 Die oesofagus, alombekend as die slukderm – ook bekend as die keelderm of keelgat - is 'n lang spierpyp wat die
keel met die maag verbind. In volwassenes is dit plus-minus 30cm lank. Wanneer 'n mens kos insluk word dit
deur die slukderm na die maag vervoer wanneer die pypwand van die slukderm saamtrek om die kos te laat
afbeweeg tot in die maag. Aan die boonste gedeelte van die slukderm loop die derm agter, maar afsonderlik
van die lugpyp (trachea) en verbind die mond en neus met die longe, wat 'n mens in staat stel om asem te haal.
Verskeie limfkliere (wat vloeistof, infeksie en kankerselle filtreer) is naby die slukderm in die nek, in die middel
van die borskas en naby die plek waar die slukderm by die maag aansluit, geleë.

 

 

 

Slukderm van bo af                                            Gesonde slukderm van bo af
Hier kan die 'windpyp' maklik gesien word

 

BEHANDELING

 Slukdermkanker kan behandel word deur middel van chirurgie, chemoterapie of bestraling. Die tipe behandeling sal
bepaal word deur die posisie en grootte van die pasiënt se kanker, asook sy/haar ouderdom en algemene gesondheid. Behandeling kan afsonderlik of in kombinasie gedoen word. As jy vrae het oor jou eie behandeling, moenie huiwer om
jou geneesheer te vra nie. Soms is dit 'n goeie idee om 'n lys vrae op te stel vir die dokter en 'n gesinslid of vriend/in
saam te neem. Sommige mense vind 'n tweede opinie behulpsaam om hulle te help besluit oor hulle behandeling. 
'n Tweede opinie mag onnodige uitstel van die behandeling veroorsaak, derhalwe moet jy en jou geneesheer seker
wees dat die tweede opinie nuttige inligting sal verskaf.

HOE WORD SLUKDERMKANKER OPGESPOOR?

 Enigiemand wat die vermelde simptome toon, moet dadelik 'n geneesheer raadpleeg waar 'n ondersoek van die slukdermwand sal bepaal of daar kanker teenwoordig is. 'n Pyp word gewoonlik in die slukderm ingesit om dit van
naderby te ondersoek.

 HOE KAN DIT VOORKOM WORD?

 Navorsing toon dat slukdermkanker aan dieet en leefwyse gekoppel kan word. Gesonde leefstylkeuses soos dié
kan die gevaar van slukdermkanker aansienlik verminder:

 Volg 'n gebalanseerde voedingsplan wat genoeg van al die belangrikste voedingstowwe verskaf

 

Eet vetarm, veselryke voedsel

Mans behoort alkoholverbruik tot twee drankies daagliks te beperk en vrouens tot een drankie

Moenie besmette mielies eet nie

Vermy tabakprodukte

Kanker kom voor waar abnormale selle groei, vermenigvuldig en 'n gewas vorm in die slukderm.

 

Dit kom meer voor onder mans as vroue.

Verwysings

Epidemiology and Risk Factors of Eusophagus Cancer, 2013 European Edition

           Health 24 – Internet

Acknowledgement to: Webmd.com; Mayo Clinic; American Cancer Association;