INLIGTINGSTUK VAN ORGANISASIE
NFSCG is ‘n Artikel 18A geregistreerde, Nie-Winsgewende Organisasie wat vrygestel is van Belasting by
SARS (PBO 930032175) sedert April 2007 met NGO nr 056-352 soos geregistreer by
Departement Maatskaplike Ontwikkeling, Pretoria.
AGTERGROND
Ons fokus is om Kroonstad te bemagtig ten einde ‘n netwerk van wêreldgehalte tuisversorgers op die been te
bring en deel te word van ‘n multi dissipline span wat ‘n verskil sal maak in die breë gemeenskap van Kroonstad
daarom ook dan die leuse: ‘Ons gee Om en Ondersteun’.
Ons poog om hoop te gee aan terminale kankerpasiënte en hul mense in allerlei omstandighede van ellende.
Northern Free State Caregivers probeer voortdurend aanpas om groei, vernuwing en die dinamika om die
uitdagings van die problematiek van tuisversorging in ons dorp aan te spreek. Dit inspireer ons om prakties
deel te word van “hoop” daarom ons fokus op die diens van ‘n hulpverleningsmodel na ‘n meer
ontwikkelingsgerigte benadering.
Ons moet kyk na volhoubare voortbestaan en toekomstige posisionering van ons organisasie en dit is om
die uitdagings van tuisversorging ten beste aan te spreek maar op sigself ons voltyds te beywer om die
menswaardigheid van alle kankerpasiënte aan te spreek. Die organisasie dien ‘n fasiliterende rol in somtyds
bitter moeilike omstandighede waar ‘n verskeidenheid aktiwiteite plaasvind met nie ‘n vervelige oomblik nie!
NFSCG bestaan uit 3 afdelings: Dienste in groter Kroonstad vir alle bevolkingsgroepe :
* Terminale kanker pasiënte en familie
* HIV Dienste en tuisversorging in Maokeng en Brentpark
* Mediese Sentrum by Naudésaal, Turnerstraat, Kroonheuwel, Kroonstad
Multi-kulturele bestuur wat op ‘n 2-jaar termyn verkies is bestaan uit 8 portefeulje houers waaroor
Logistieke nog 2 addisionele hulp-lede het vir bystand. Bestuur konsulteer op ‘n daaglikse basis onder
bekwame leiding van Felicity Combrinck. Ons het 2 gekwalifiseerde maatskaplike werkers, doktor in
pastorale kindersielkunde, 2 sielkundiges, leraars en mediese praktisyns wat vrywillig help asook
verskeie sakevroue en leiers vanuit die gemeenskap.
NFSCG lewer ‘n volkome holistiese benadering t.o.v. die pasiënt en betrek alle rolspelers in die gemeenskap.
Dienste verskaffing in behoeftes van kankerpasiënte en hulle families. Die dienste is sonder enige kostes
en ons ontvang geen staatshulp/subsidie van enige aard. Deur die liefde en toegeneëntheid van Kroonstad
se gemeenskap kan ons in die steeds groeiende aanvraag na ons dienste ‘n groot verskil maak en is
afhanklik van donasies.
Ons lewer ‘n gratis 24 uur tuisversorgingsdiens aan kankerpasiënte vir die gemeenskap van Kroonstad.
Ons hooffokus is terminale kankerpasiënte maar ons lewer ook ‘n diens aan pasiënte met ander chroniese
siektes. Volledige toegeruste leenbank met hulpmiddels soos hospitaalbeddens, rolstoele, commodes,
looprame, eierdopmatrasse, suurstof silinders en vele meer word gratis geleen aan pasiënte, vir solank as
wat hulle dit benodig. Ons voorsien ook pruike vir kankerpasiënte indien hulle dit sou benodig tydens
chemo behandeling en verkoop ook bors prosteses in mastektomie gevalle.
Ons bankrekening word gehou by ABSA Bank Kroonstad
Rekeningnommer: 4068387301 (Tjek) Rekening Nommer 1
Ons ouditeure is JNL Rekenmeesters en ontvang ons gereeld jaarlikse finansiële state
soos deur hulle ge-oudit.
TOEKENNINGS
Felicity is baie bekend onder die plaaslike dokters en predikante vir haar gemeenskapsdiens
dwarsoor die kleurgrens
2015 – Felicity Combrinck aangewys as Solidariteit/Helpende Hand Silwerkroon Toekenning vir
Top Bejaarde wat uitsonderlike gemeenskapsdiens lewer in Kroonstad
Felicity Combrinck het Rotary se Civic Award ontvang in 2000 asook KANSA se Vonkelvrou Toekenning
Nedbank Local Heroes Award 2010 asook Paul Harris Award Outstanding Community Service 2010
Die organisasie is gekies uit aanvanklik 3000 organisasies deur PEPFAR (The United States President’s
Emergency Plan for AIDS) vir ‘n Grant van R70,000 wat streng volgens hulle riglyne moes geskied.
Hierdie geld kon die 18 Caregivers se geakkrediteerde opleiding betaal in 2008!
ONS DIENSTE BEHELS
24 uur 7 dae per week Tuisversorging
Ondersteuning en Bystand
Emosionele Ondersteuning
Gebalanseerde Kospakkies
Bemagtiging van Caregivers en Pasiënt se Familie
Sterwensbegeleiding
Rouberaad
Berading
Beperkte na-operatiewe versorging
Palliatiewe Terminale versorging
Gestremde Persone
Pasiënte met: VIGS, hartversaking, pas-aangeërs, Cröhns se siekte
Alle chroniese siektes
Bedwasse
Ondersteuningsgroepe
Opleiding aan Caregivers (Vrywilligers)
Gereelde Werkswinkels
Verwysings vanaf Medici in Kroonstad asook van ander groter stede vir opvolging
Vervoer van pasiënte na en van hospitale, klinieke, dokters
Bejaardehulp (beperkte dienste)
Beperkte huis skoon maak dienste vir uitsluitlik kankerpasiënte
AKSIES BEHELS o.a.
- Verblyf by Olea Tehuis te Bloemfontein word vir behoeftige pasiënte betaal wanneer hulle bestraling moet ontvang te Nasionale Hospitaal
- Daar word ‘n versorgingsplan opgestel tussen NFSCG en die pasiënt asook hulle familie se insette word gelewer
- Ons netwerk met al die betrokke rolspelers in die gemeenskap
- Ons is kampvegters vir pasiënte vir hulle regte en oefen druk uit op werkgewers van pasiënte wat
diskrimineer teen hulle siekte - Pasiënte word vervoer na en van hospitale, klinieke, onkologie klinieke en dokters
- Pasiënte se apteek rekenings word betaal of medikasie word aangekoop indien hul medies uitgeput is en hulle kan nie dit betaal nie.
- Ons help bejaardes verhuis, hulle huis opknap en skoonmaak
- Maatskaplike Studente doen prakties by ons organisasie
- Ons gee gereelde gesondheid bewusmakings praatjies by kerke, skole, maatskappye, Departement Korrektiewe Dienste
- Ons was deel van ‘n skenking van die eerste LAZARUS-apparaat vir kanker pasiënte wat kolostomie
sakkies dra - Uitsonderlike ondersteuning stelsel aan vroue met borskanker
- Ons voorsien doeke en linen savers aan terminale pasiënte.
- Ons verskaf bedseer pleister en nie-voorskrif medikasie wat op ons apteek rekening aangekoop word
- Dit het al gebeur dat ons vir ‘n baie behoeftige pasiënt wie oorlede is, se begrafnis help betaal het (die familie het nie oor die nodige finansies beskik nie)
- Maandelikse gebalanseerde kospakkies word voorsien
- Aktiewe Facebook bladsy met gereelde inligting van die organisasie asook relevante gesondheids inligting
- Bejaardes word ook gereeld deur ons gediens (beperkte diens)
- Ons betaal ons verpleegsters ‘n “stipend” vir dag- en nagdiens.
- Ons het ‘n 3 x geregistreerde susters en twee maatskaplike werkers by ons organisasie
- Ons bied ‘n volledige, gratis 24/7 tuisversorgingsdiens aan behoeftige, sowel as welgestelde kankerpasiënte.
- Ons het ook ‘n suster en 6 geakkrediteerde Caregivers wat in Maokeng met HIV/Aids en ander kroniese pasiënte werksaam is. Die Lotto het aan ons geld voorsien vir hul program wat o.a. die voorsiening
van maandelikse kospakkies, medikasie, doeke en hulpmiddels vir die versorging van pasiënte tuis insluit. - Ons lewer ‘n diens in Brentpark d.m.v. ‘n Pasiët-Koördineerder
- Ons sit op ‘n weeklikse basis medikasie uit vir pasiënte
- Ons reël met dokters vir voorskrifte asook verwysings om bloed te trek
- Reëlings met begrafnis ondernemers wanneer pasiënte afsterf
- Caregivers word vervoer na- en van hulle huise na pasiënte se huise
- Reëlings met mediese fondse
- Reëlings vir bejaarde kankerpasiënte i/s persoonlike bystand soos versekering, banksake, familie probleme, begrafnisse
- Ons reël etes vir Bejaardes in gemeenskap met behulp van bybetaling van ‘n familielid
- Ons gee klerasie, breekgoed, linne aan behoeftige pasiënte
- Ons voorsien ook klerasie op ‘n gereelde basis aan die Charity Shop in Buitekantstraat, Kroonstad soos ons skenkings ontvang
- Ons gee verversings by ons gereelde onko-klinieke te Naude saal
- Ons loods verskeie fondsinsamelings projekte per jaar vir ‘n standvastige en volhoubare diens in die
gemeenskap - Ons help ook bejaardes en pasiënte wat nie meer kan werk nie om te registreer vir ‘n toepaslike pensioen by Departement Maatskaplike Dienste in Kroonstad
- Alle tipes kanker: Bors; prostaat; leukemia; kolon; karsinoom; ovaria; limfoom; uterus; niere; oog; lewer; pankreas; baarmoeder; serviks; blaas; vel; long; brein en keel – soos u sal merk alle tipes kanker en selfs baie kankerpasiënte met rare tipes kanker word na ons verwys.
Ons kantoor is geleë te Sarel Cilliersstraat 13B, Kroonstad en ons sub-kantore in Gelukwaarts en Brentpark Kroonstad
U is welkom om ons kantoor enige tyd te besoek of te skakel by 056-2123415
Dank aan ons Hemelse Vader vir Sy genade en seën bestaan die organisasie nou al 16 jaar!