SKENKINGS
NFSCG was voorwaar geseënd in Junie 2018 want ons het ook ‘n groot skenking
goedere ontvang vanaf die plaaslike Checkerswinkel in Kroonstad. Kos en groente
is dadelik aan kanker-pasiënte uitgedeel. ‘n Spesiale groot dankie aan die bestuur
van Checkers Kroonstad en spesiaal aan Ryan de Beer en Anuschka.