Berading in Suid-Afrika
Ek is ‘n trotse getroude vrou (baie jare), moeder (drie eie en drie aangetroud) en ouma (vyf pragtige engeltjies).
Toe my kinders nog klein was, was die in ding om jou baba na die pediater te neem vir elke hoesie of snuifie.
Ek onthou die ontvang van ‘n brief in die pos (ja … dit is hoe lank terug dit is) van die pediater wat vra dat ouers
afsprake net vir belangrike siektes of op verwysing van jou huisdokter of verpleegster moet maak.
Ek wil graag die tyd neem met hierdie skrywe om ‘n gemeenskap aan jou bekend te stel waarvan jy nie eens moontlik
bewus van is nie. Ek is ge-eerd om deel te wees van hierdie gemeenskap, wat ek passievol, besorgd en ongelooflik ondersteunend vind. Ek wil ook van die tyd gebruik om die geestesgesondheid landskap in Suid-Afrika te verduidelik
sodat jy bewus is waar elkeen spesifiek in pas. Ek hoop dat dit persone ‘n beter idee sal gee waar om te gaan vir hulp.
Ek beskryf hier die private gesondheid sektor van Suid-Afrika. Berading is ‘n erkende beroep en kan beskryf word
as die aksie waar ‘n opgeleide berader ‘n formele helpende verhouding met ‘n kliënt betree wat berading nodig het.
Om te verduidelik, gebruik ek die illustrasie van ‘n siek kindjie. Wanneer dit kom by geestesgesondheid, verlies of
rou, uitdagende verhoudings of ouer wat sukkel met kinders, is die meeste mense net bewus van sielkundiges as ‘n uitkoms vir hulp. Dit is dieselfde as jare gelede toe ek as ouer my kind net na die pediater toe wou neem het vir dag
tot dag gesondheids probleme. Daar is ‘n hele netwerk van GP’s en verpleegsters wat gekwalifiseerd is en met die
nodige ervaring wag om te help en weet wanneer dit nodig sou wees om te verwys na ‘n meer geskikte persoon bv.
die pediater in dié geval.
In dieselfde voorbeeld kan berading verstaan word in Suid-Afrika. Daar is verskeie afdelings van professionele
persone beskikbaar om te help. Elkeen het sy eie verwysings raamwerk waarin hulle beweeg. Dit gee riglyne in
die areas waarin die praktisyn kan help met betrekking tot hulle opleiding en ondervinding. Sou ‘n kliënt dus ‘n intervensie buite die praktisyn se verwysings raamwerk benodig, moet die kliënt sodanig verwys word.
In Suid-Afrika is daar verskeie maniere om geestesgesondheid sorg te bekom. Meeste persone is bewus van
praktisyns wat geregistreer is met HPCSA (Health Practitioners Council of South Africa). Dit sluit in psigiaters, sielkundiges en HPCSA geregistreerde beraders.
-
Psigiater is n mediese dokter wat gespesialiseer is in die diagnose en behandeling van geestes siektes.
Hulle fokus is dikwels op die gebruik van medikasie vir behandeling.
-
Sielkundige is ook professioneel geleerd om te diagnoseer en te behandel van geestes gesondheid,
alhoewel, hulle behandeling is gesentraliseerd op verskillende terapeutiese intervensies.
-
Geregistreerde berader se area is om n kliënt te sif vir geestelike siektes, asook terapeutiese les aan
te bied, maar met ‘n kleiner verwysings raamwerk as die van ‘n sielkundige.
HPCSA geregistreerde praktisyns in die algemeen, lewer kwaliteit geestesgesondheids ondersteuning maar
ongelukkig as gevolg van streng voorwaardes in die opleiding, is hulle getalle baie laag en groot hoeveelhede is
in privaat praktyke wat hulle onbereikbaar maak vir die meeste mense. Selfs die mense wat kan betaal vir hulle
dienste, moet ‘n lang tyd wag vir ‘n afspraak. Ander minder bekende afdelings vir ondersteuning sluit in telefoon berading deur organisasies soos Lifeline en SADAG, ondersteuning groepe soos Alkohol Anoniem, pastorale
berading deur kerkgroepe asook beraders wat met beradings organisasies soos ASCHP( Association for Supportive Counsellors and Holistic Practitioners) geassosieer is.
My berading gemeenskap is geaffilieer met ASCHP, wat ‘n professionele liggaam is, erken deur SAQA
(South-African Qualifications Authority). Hulle gebruik sifting van kwalifikasies en ondervinding vir erkenning,
’n professionele riglyn, verwysings raamwerk, sowel as etiese rekenvatbaarheid ten opsigte van hulle lede.
Dit hang van hierdie vlak van registrasie af, hoe die berader erken word. Vir verdere inligting, besoek www.aschp.net
Ek glo dat ASCHP beraders ‘n belangrike en bekostigbare diens lewer aan diegene wat berading en ondersteuning benodig. Die passievolle gemeenskap van ASCHP beraders waaraan ek ook trots is om aan te behoort, strewe
daarna om jou en jou geliefdes na die beste van ons vermoë, binne ons verwysing raamwerk, te ondersteun en as dit nodig is, te
verwys na iemand beter toegerus.
Daar is ‘n groot behoefte aan berading in Suid-Afrika, met ‘n groot hoeveelheid professionele persone wat gewillig
is en met die vermoë om te help. Ek hoop dat die skrywe duidelikheid bring oor die verskillende landskappe in die gemeenskap van beraders.
Ek is ‘n gespesialiseerde welstand berader met ‘n privaat praktyk in Kroonstad, geleë in Dr Troskie se praktyk in
Brandstraat 54, Kroonstad. Ek is ook aanlyn beskikbaar vir afsprake. Kontak my gerus vir meer inligting of om ‘n
afspraak te maak.
Wag om van jou te hoor.
Byvoorbaat dankie
Groetnis
Anna-mart Wait
Specialist Wellness Counsellor/Gespesialiseerde Welstand Berader
078-118-8539
ASCHP reg swc19/509
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. https://annamartwait.wait.wixsite.com/anna-martwaitcounsel
Adres: Brandstraat 54
Kroonstad Sentraal
By dokter Troskie se spreekkamer praktyk
|