BORSKANKER

VOORSITTER

GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGE

Felicity Combrinck

Suster Adri van Heerden

084 206 8912

072 369 8192

 

PASIËNTDIENS

KOÖRDINEERDER

MAOKENG

PASIËNTDIENS

KOÖRDINEERDER

BRENTPARK

PASIËNTDIENS

KOÖRDINEERDER

GROTER KROONSTAD

PASIËNTDIENS

KOÖRDINEERDER

INDIËR GEMEENSKAP

Suster Selina Letsele

Doktor Frances Phooko

Wollie van Schalkwyk Shahnaaz Moola

072 460 5480

082 560 9454

076 044 1686 083 599 0555

AKSIES BEHELS KORTLIKS DIE VOLGENDE

Identifisering van nood/siekte en    hulpverlening soos nodig

Hospitaal- en tuisbesoeke

Uitleef van ‘n daadgetuienis van Christus se liefde in ‘n sieke se wêreld

Emosionele ondersteuning

Opleiding aan familie om hulp te verleen

Palliatiewe versorging

Sterwensbegeleiding

Be-perkte na-operatiewe versorging

Beperkte maatskaplike moontlike probleme

 

NFSCG het gratis bors ondersoeke

doen vanaf

Woensdag 10 – Vrydag 12 Oktober 2018 .  

 

 

Suster Jorietha Heymans

het die bors ondersoeke gedoen.

Sy het 188 vrouens se 

ondersoeke gedoen!

‘n Reuse prestasie!

 

 

 

 

Ons gee ook ‘n bra-grootte aanwysings kaart omdat baie vrouens sukkel met hulle bra’s. Of die bandjies  is te kort of die “koppie”-grootte is te klein!

 

 

 

 

Hierdie is ‘n borskanker sakkie wat Wollie van Schalkwyk saamneem wanneer sy borskanker pasiënte gaan besoek in die hospitaal wat vir ‘n mastektomie (bors verwydering) moet gaan.

In die sakkie is daar ‘n borsprostese wat hulle kan gebruik wanneer hulle ongemaklik voel totdat hulle besluit het om ‘n bors prostese aan te skaf (gebreide wol een of ‘n handgemaakte sagter prostese), dan is daar ook ‘n stres balletjie in waarmee die hand ge-oefen moet word aan die kant waar die bors verwyder is.

Daar is ook ‘n kleinerige sakkie in wat onder die armholte geplaas word waar die bors verwyder is, in inligtings pamflet asook ‘n netjiese sakkie waarin al hierdie hulpmiddels in verskaf word – die doel van hierdie sakkie weer is om die portovac in te sit om dit so te dra na die operasie totdat die portovac verwyder word.

Ons kantoor het ook verskillende pruike te kies
en te keur vir borskanker pasiënte wat ons gratis leen vir die pasiënte totdat hulle weer tevrede is met hulle haarstyl van ouds!

 

stories van hoop

voelgoed.co.za oktober 2010

 

 

EK HET KANKER GEHAD......EN EK LEWE!

   Anneke Rabe

Kanker het nie’n patroon nie. Dit gebeur vir elkeen anders, maar tref almal dieselfde – soos ’n emmer koue water in jou gesig.  Kanker is ongeskik.
D
it gee nie om of jy te jonk of te besig is nie. Dit gaan land net in jou lyf, 
maar God kan ook hierdie wrede siekte gebruik om in 
jou lewe te werk.

Die dag voor haar dubbele mastektomie, het Anneke Rabe gaan inkopies doen soos die meeste
ander vroue, het sy gehoop da die winkels vir haar troos sou bring wanneer jy met mooi goed omring is,
móét jy mos beter voel.

Dit het nog altyd gewerk wanneer ek vir myself iets moois koop, voel ek stukke beter.
Daardie dag het ek van die een winkel na die ander gedrentel, want hoe moet ek weet wat my
gaan pas as my liggaam môre vir ewig gaan verander? Gaan enigiets ooit weer mooi lyk? 
Later het ek net doelloos rondgedrentel met trane in my oë.

Toe stap ek verby die Body Shop.  Die heerlikste reuke het my vanuit die winkeldeur gegroet en ingenooi. Tyd het stilgestaan terwyl ek my tussen al die eksotiese geure enprodukte verloor het.  Ek het rustig’n klompie rome aangesmeer...waarheen sou ek my tog haas?  En toe ontdek ek die dik, sysagte, pienk pomelo lyfroom met ’n heerlike vars geur – ek was dadelik verlief.

In plaas van ’n nuwe bloes, het ek toe my potjie pomelo lyfroom in my hospitaaltas gepak. In die dae na die operasie kon ek nie loop nie,
maar ek kon my potjie room raak vat! Ek het gereeld die heerlike reuk aan my arms en hande gesmeer. Dit het vir my soos lewe geruik.
Die vars geur was so verfrissend tussen die aanhoudende pyn. En op ’n vreemde manier het dit het my herinner aan die baie mense
wat my innig liefhet.

Tydens my herstel en selfs lank daarna, het die potjie pomelo lyfbotter op my bedkassie bly staan. Elke nou en dan het ek dit oopgemaak,
dit ingeasemen die varsheid oor my geskende lyf gesmeer. Iets so onkompleks soos lyfroom, het my deur die mees ingewikkelde tyd van
my lewe begelei. En toe die room op is, was ek ook kankervry – ek het uitgesien na ’n splinternuwe, vars begin.

Aan die begin van 2009, was ek weer lus vir my getroue pomelo- maat. Ek was dan vroeër so mal daaroor; daarom wou ek die nuwejaar
met dieselfde lieflike, vars reuk aanpak. My troos geur was weg!  Ek was so teleurgesteld toe die verkoopsdame sê die reeks is beëindig.

Sonder geesdrif het ek maar aan van die ander rome begin ruik. Potjie vir potjie. Dis was so dieselfde as die vorige keer...en ook so anders.

Uiteindelik het die nartjie geur my aandag getrek. Met die nuwe potjie nartjieroom styf onder my arm gedruk, was die boodskap so duidelik
soos daglig:  my pomelo-seisoen was verby en die nartjie-seisoen het aangebreek!

Die pomelo-fase van my lewe was bitter – kanker het pyn, verlies en vrees veroorsaak.  Maar dit was ook soet – deur al die swaarkry
en pyn het ek kosbare lesse geleer.  Die mengsel van bitter en soet het my wese, en ook my uitkyk op die lewe, vir altyd verander. 
Nou weet ek God is altyd daar, in die bitter en die soet oomblikke van my lewe.

Nou nog, wanneer ek my nartjie lyfroom aansmeer, waardeer ek elke spesiale persoon en oomblik net soveel meer. 
Die Here het iets so eenvoudig soos lyfroom gebruik om my iets baie waardevols te leer.  Wanneer ek my nartjie lyfroom inasem,
dink ek nie aan wat kanker my laat verloor het nie, maar aan wat ek steeds het.

Artikel: Mandi Jordaan

Cenessa Stork   

Op 25 het Cenessa Stork gedroom van ’n wonderlike loopbaan en was sy
besig om die korporatiewe leer te klim, maar oppad boontoe is sy driekeer
in haar spore gestop... sonder om ooit tou op te goo
i.

Hoe vertel ’n mens jou ma dat jy kanker het? Dis die tipe dinge wat ek gedink het toe ek hoor ek het
graad 3 borskanker.  Ek het nie’n benul gehad van wat vir my voorlê nie.
Tussen chemoterapie, bestraling, ’n dubbele mastektomie en ’n rekonstruksie wat my by die
dood laat omdraai het, het ek bly vasbyt aan die lewe.

Ek was vir sewe jaar in London waar ek en my man hard gewerk het om ’n goeie lewe vir ons te skep.
Ons was jonk en jollerig.  Ek het pas ’n bestuurspos by ’n fliekloket gekry waarop ek lank gehoop het. Toe dié verpletterende nuus.  Kanker het letterlik die wind uit my seile geneem.

As gevolg van die chemoterapie moes ek daardie droom werk prysgee, wat ’n bitter pil om te sluk!  Amper net so bitter soos die
behandeling wat ek moes kry.  Sommige dae was dit so erg dat ek skaars sonder hulp uit die bed uit kon kom.  Ek, die sportiewe een. 
My emosies was ’n chaotiese mallemeule en ek het die dae omgehuil.  Dit was die laagste punt in my lewe, het ek toe gedink...

Maar drie jaar na my eerste diagnose, het die kanker weer kopuit gesteek.  En dié keer het ek geskiet vir ’n pos as Algemene
Bestuurder by ’n ander fliekhuis.  Nie al weer nie!  Ek was verpletter.  My loopbaanplanne is in die wiele gery, vir die tweede keer!

My familie se aanmoediging en ondersteuning was ongelooflik, en ek het besef om aan te hou baklei, was die enigste keuse. 
My doelwit was om te bly leef sodat ek kan werk, en siek of nie, dit was nou my fokus. ’n Probleem het altyd ’n oplossing, het ek geglo,
en opgee is nooit ’n opsie nie.

Toe kanker ’n derde keer terugkom, was my lyf al heelwat swakker vir die geveg, maar my wil om te werk was sterker. 
Ek het as vrywilliger betrokke geraak by KANSA se inisiatief om bewustheid oor kanker onder jongmense te kweek. 
Hulle het my onlangs gekies as KANSA se International Hero of Hope vir 2010/2011.  Wat ’n ongelooflike groot voorreg! 
Nou kan ek my storie met almal deel en hoop bring vir ander kankervegters.

Artikel: Mandi Jordaan

  Bev du  Toit

Bev du Toit is ’n motiveringsspreker met ’n passie vir haar onderwerp.  Sy het jare
terug al ’n 'cancer coping kit' ontwerp vir mense wat self, of saam met 
geliefdes,
daarteen stry, sy weet presies hoe hulle voel...

Ek het in die winkel rondgedrentel, kaalkop, naar, moedeloos.  Chemoterapie is nie ’n grap nie. 
As die siekte my nie gaan doodmaak nie, sal die chemoterapie dit sommer doen...het ek gedink. 

’n Swartman het by my kom staan:  “Jy’t kanker,né?”  het hy gevra. “Ek dink jy gaan oukei wees.
”Dit het my weer hoop gegee.  Net ’n paar weke tevore het my onkoloog gesê:  “Ek gaan jou siekte
fisies beveg, maar jy moet my help deur met jou emosies en met jou kop daarteen te veg. 
”Ek het besluit dis presiés wat ek gaan doen. Maar dit was nie altyd maklik nie.

Ek was 30 en het niks van kanker geweet nie, en niemand geken wat dit oorleef het nie.  Baarmoederkanker was vir my
verskriklike slegte nuus.  ’n Doodsvonnis.  Ek het my bes gedoen om positief te bly en myself elke oggend te probeer oorreed. 
Jy ís sterk genoeg.  Jy kán hierdeur kom.  Jy kán gesond word.

Net om daarna weer in trane uit te bars... want hóé?  Ek het so hulpeloos gevoel!  As ek hiérdie ding wou oorwin, moes ek
my ingesteldheid verander.  Daarom het ek gaan stil sit en mooi nagedink oor hoe ek myself en kanker sien.
Onbewustelik het ek ’n sonneblom begin krabbel waarvan die blare besig was om af te val.  Met ’n skok besef ek dat ek
myself so sien:  Iemand wat besig is om te sterf, want kanker beteken dood.  My verwysingsraamwerk moes drasties verander.

Dit het begin met ’n plakkaat waarop ek neergeskryf het:  Kanker = Dood (met ’n groot kruis daardeur getrek); 
en Kanker = Reis. Ek het gekiés om kanker my reis te maak, nie my eindbestemming nie.

En wanneer jy opreis gaan, moet jy kennis hê.  Daarom het ek hospitale en instansies begin besoek sodat ek mense kon leer ken
wat kanker oorwin het.  Ek het baie survivors ontmoet, maar ironies genoeg, nie één wat baarmoederkanker oorleef het nie...

Kanker het my ook ’n nuwe reis met God laat begin.  Ek het diep gesprekke met Hom gehad en besef siekte is nie
Sy manier om ons te straf nie.  Ons skep dit self deur verkeerde keuses, byvoorbeeld ’n ongesonde lewenstyl.

Ek het ook in die biblioteek begin boer om soveel as moontlik oor kanker te leer.  Wat is dit?  Waar kom dit vandaan? 
Wat behels die behandeling?  Wat is die newe-effekte?  Hoe kan ek my leefstyl aanpas? 
Ek het alles in my vermoë begin doen om emosioneel en verstandelik sáám met myliggaam teen die siekte te veg.

Op ’n dag, naby dieselfde winkelsentrum, het ek weer die swartman gesien.  Ek het opgewonde vir hom gewaai. 
Dié keer met my hare terug gegroei en ’n breë glimlag was op my gesig.  Hy’t entoesiasties teruggewaai en oor
die mense se koppe geskree: “Sien,ek het jou gesê jy gaan dit maak.”  Hy was reg.

Ses maande nadat ek met kanker gediagnoseer is, was die toetse skoon.  Die kanker is in remissie tot vandag toe,14 jaar later!

Artikel:  Anita van Niekerk

 

Lana van Niekerk 

 

"Wat gaan van my kinders word?” wou Lana van Niekerk bekommerd weet
toe sy hoor dat sy kanker het.  Hoe gaan haar drie seuns en twaalfjarige
dogtertjie haar onthou?  Wie gaan hulle vasdruk en liefhê soos net ’n ma kan?

My geestesrit het een aand onder die stort begin.  Ek was 43 jaar oud.  Toe ek die groot sagte knop op my
bors voel het ek myself getroos: “Dis niks ernstigs nie. Beslis nie kanker nie, want borskanker is mos gewoonlik
’n klein harde knoppie.” Of so het ek gedink. My ginekoloog-man het hom asvaal geskrik toe hy die knop voel
en het dadelik ’n afspraak by ’n chirurg gemaak.  Twee dae later is ek geopereer. Dit was kwaadaardig –
’n baie aggressiewe soort kanker.

Die chemoterapie het sy tol (en bolle hare!) geëis.  My oudste seun het ’n number 1 cut aanbeveel. 
Hy het self my hare met die knipper afgeskeer, en benoud gesê: “Ma sal nog bly wees!”

En ek was!  Ek het geweier dat die plooie om my mond plooie om my hart maak.  Elke keer wanneer my siel wou begin frons, het ek blitsig
my mooiste rok aangetrek, my pruik opgesit, my gesig ingekleur, parfuum aangetik en saam met een van my vriendinne gaan koffie drink!

My familie en vriende het so swaar gekry om my na ’n sessie sterk chemoterapie afgetakel en moeg te sien.  Daarom het ek my dan
vir so ’n paar dae skaars gehou sodat die ergste newe-effekte eers uitwoed.  Wie wil nou heeltyd vaskyk teen iemand wat tot die
dood toe moeg en uitgemergel is van die gif wat in jou gestel ingeloop het?

Op ’n dag het ek my man en twee kinders betrap waar hulle skelm in ’n winkeltjie staan en giggel.Toe ek wou weet hoekom hulle so lekker lag,antwoord hulle:  “Ons lag vir jou!”  In sy hand, hou my man toe ’n dik, vet, houtengeltjie met ’n klossie vas geplakte hare op haar kop vas!  Hulle het gemeen sy lyk nes ek.  Ek kon nie anders as om maar saam tel ag nie, want die ooreenkoms was noga lmerkwaardig.

Toe my hare weer begin uitgroei het, kon my man en vriendinne nie hulle hande tuishou nie.  Almal wou net aanmekaar oor my kop vryf. 
Ek is dadelik haarkapper toe om die swart en grys hare weer blond te kleur – ek wou net weer myself voel.  Selfs my baas het op ’n
stadium gesê ek lyk chic.  Ek het vir my groot oorbellle gekoop en soos GIJane die lewe aangedurf, stokkieshare en al.

Die kronkelpad van kanker het ‘n snaakse nadraai.  As ek goed lyk, dan voel ek goed, en dan is ek meer positief, wat op sy beurt
weer die mense rondom my positief maak.  Dit het nie alleen gemaak dat ek myself beter van buite versorg nie, maar van binne ook.

Vandag is ek hier om my kinders en kleinkinders vas te hou.  En nou lei ek hulle met die wete dat ’n mens nie jou seerkry en sorge
moet verkwis nie – jy moet daardeur groei!  Groei tot dieper genesing…na liggaam en gees. 
Dan is jy gereed om elke dag as kosbare gawe met volle oorgawe te geniet.  Want in jou winter, blom genade!

Artikel: Carina van Heerden