Blaaskanker

Blaaskanker is 'n kanker van die blaas. Dit is meer algemeen by mans (1 uit elke 148) as by vroue.

 

Faktore wat 'n rol speel

  • Rook: tabakrook is die grootste oorsaak van blaaskanker. Rook word met ongeveer die helfte van gevalle geassosieer. Navorsing bewys dat rook jou risiko verdubbel.

  • Ouderdom: Hoe ouer 'n mens word hoe groter is die kans om blaaskanker te ontwikkel

  • Oorerflikheid/Familie geskiedenis: As gesinslede, 'n vader of broer, blaaskanker ontwikkel, kan dit beteken dat mens se kans verdubbel, in vergelyking met die res van die bevolking, om ook blaaskanker op te doen

  • Omgewing: Blaaskanker is 'n Westerse siekte. Vermoedelik speel dieet 'n groot rol

  • Ouderdom bo 55 jaar

 

Behandeling

  • Chirurgie is die mees algemene behandeling

  • Addisionele behandeling behels o.a.

  • Chemoterapie

  • Bestraling

 

  • Ligging van blaaskanker -

    Vergroot binne in die blaas

    Ligging van blaaskanker

    Deursnit van blaas


    Toediening van medikasie direk in die blaas (Brachi-terapie)

Soos alle kankers hang die vroeë diagnose van die kanker af van prognose van blaaskanker

Vroeë opsporing van blaaskanker (Fase 1) se oorlewingsyfer is plusminus 90%

Jy sal jou onkoloog moet konsulteer, want dit sal van die tipe blaaskanker afhang en hoe ver dit versprei het

 

Simptome

Die volgende lys simptome wat, indien hulle voortdurend voorkom, kan aandui dat die kanker begin groei na areas buite die blaas. Van die simptome kan ook deur ander blaasprobleme veroorsaak word. Indien enige van die simptome voorkom, gaan spreek onmiddellik jou dokter.

  • 'n Behoefte om dikwels te urineer

  • Pyn gedurende urinering

  • Bloed in urine of voorkom as bloedklonte

  • Bloed kan urine se kleur verander

  • Verlies van eetlus

  • Merkbare massaverlies

 

Verwysings

  1. Epidemiology and Risk Factors of Urothelial Bladder Cancer, 2013 European Urology, volume 63.

  2. Gender, racial and age differences in bladder cancer incidence and mortality, 2004 Urologic Oncology: Seminars and Original Investigations, volume 22]

  3. Health 24 - Internet