FONDSINSAMELINGS/PROJEKTE

VOORSITTER

LOGISTIEKE

Felicity Combrinck

Wollie van Schalkwyk

084 206 8912

076 044 1686

AKSIES BEHELS KORTLIKS DIE VOLGENDE

Identifisering van projek

Logistieke van projek

Hulpverlening deur vrywilligers

Reël van afsprake

kiss Kliek hier om BANKBESONDERHEDE vorm af te laai

28 OKTOBER 2023 

Drie van die bestes

 

 

 

 

 

 

 

 

 

FONDSINSAMELINGS & PROJEKTE 2019

COLOUR FUN RUN

 

Die volgende fondsinsamelingsprojek is gereël deur BOC Prokureurs op
Woensdag 13 November 2019

Die Colour Fun Run was groot pret
en wil ons dankie sê vir die organiseerders wat hierdie dag
so besonders bemaak het

PIENK PARKRUN

Saterdag 26 Oktober 2019 was ‘n Pienk Parkrun ter bewusmaking van Borskanker.
Daar was ongeveer 156 deelnemers opgetooi in ietsie pienk!
Die manne was maar bietjie skaam en het ons vir hulle ‘n pienk strikkie gegee vir hulle deelname!!

PROJEK WORD UITGESTEL NA 2020

 



Ons het ‘n nuwe looitjie projek! 

2 Springbokke kan gewen word

Looitjie prys: R10 per bok

Die bokke word geskiet deur eienaar maar die verwerking van die vleis

is vir die pryswenners van die twee springbokke.

 

Saterdag 27 April 2019

om 17:00

by die

Johan Slabbert Skoolsaal

Dirk Havenga is die nuwe sang- en musiekonderwyser op die dorp.  Hy het ‘n terugslag as
musikant beleef in die stad, en probeer nou sy heil vind op die platteland.  Hy is metodies,
passievol oor musiek en kruip weg agter ‘n gordyn van sarkasme en harde werk.
Mariëtte Labuschagne werk in ‘n boekwinkel op dieselfde dorp.  Sy droom haar hele
lewe lank van ‘n loopbaan op die verhoog.  Al wat sy wil doen is sing en “perform”. 
Sy is spontaan, lewenslustig, altyd gereed om ‘n grappie of ‘n storie en sy is altyd
ongeremd.  Mariëtte is reg vir haar eerste sangles.  Is Dirk?

Hierdie kombinasie kan óf ‘n resep vir 'n ramp wees óf dalk net wat hulle albei nodig het?

_______________________________________________________

Germandt Geldenhuys (beter bekend as Louis Koster in die gewilde kykNet sepie, Binnelanders)
en Je-ani Swiegelaar (beter beknd as sr. Naomi Ferreira in Binnelanders)
maak vir die eerste keer saam hulle verskyning op die verhoog in die bittersoet komedie.

Dié produksie beloof om iets te wees wat die gehoor se ore, lagspiere, traankliere en harte
sal aanraak.  Kom wees deel van hierdie unieke teater-ervaring waar storie, musiek,
stemme en drome saamgeweef word en kom vind uit hoe belankrik dit is om jou eie stem
te vind in ‘m wêreld wat jou soms wil stilmaak.

 

 

 

Handgemaakte kwilt

Wenners:

Handgemaakte kwilt:

Suphing Modiko

Masjien gemaakte kwilt:

Willie van Kraayenburg

Baie geluk aan die wenners!

Mag julle baie vreugde put uit
hierdie besonderse artikels deur
mev Garnet Iorio vervaardig.

Baie dankie ook aan almal wat
‘n kaartjie gekoop het ter
ondersteuning van ons projek!

 

Masjiengemaakte kwilt

 

Ons het hierdie jaar se 'Pienk-run' saam met Kroonstad se 'Park-runners' gestap / gehardloop

 

 

Checkers Kroonstad het op 1 Maart 2019 vir ons ‘n groot skenking kos gegee wat
ons dadelik aan ons behoeftige kankerpasiënte versprei het asook aan
die Thato Disabled Créche in Maokeng.

Baie dankie aan Ryan de Beer vir hierdie uitreiking aan die gemeenskap van Kroonstad.

 

FONDSINSAMELINGS 2018

MARION HOLM se vertoning was ‘n reuse sukses op Saterdag 21 April 2018 en het meer as 300 dames getooi in 

die sestigerjare se modes ‘n heerlike middag geniet saam met Marion. Daar was eintlik ‘n lewensles te leer uit hierdie

vrou se vrolikheid en positiewe uitkyk op die lewe ten spyte daarvan dat sy ook die pad van kanker geloop het.

 

Hoogte:  360 cm

Breedte:  360 cm

 

Kort omskrywing van Mandala

Kunstenaar: Laurinda Smit

(September 2017)

Simboliek rondom die kleur blou dui op 'visie' hemelruim en die see. 

Geen begin –geen einde.  Let daarop dat daar vier sterk blaar grotes is, dui op vier wind rigtings.

Ondersteun deur kleiner blaar vorme.

Kleiner blaar vorm in die buite diep blou sirkel dui op beweging, niks staan ooit stil in lewenstyd.

 Die meer dan een sirkel, dui op die mens is altyd deel van die veel groter geheel nooit alleen.

 Sirkel vorm van die mandala dui op lewenssiklus geen begin – geen einde.

Baie geluk aan die Mandala wenner -Marissa du Preez      van Kroonstad. 

 

Baie dankie vir almal se

ondersteuning met nog 'n

projek van ons. 

Ons waardeer dit opreg!

 

ANDRIES VERMEULEN se projek het baie goed verloop!

Hy is voorwaar ‘n inspirasie vir baie mense.

Dit vat regtig “guts” om sover te kom in die lewe soos wat Andries

vroeg vanaf sy kinderjare ervaar het!

Baie dankie aan almal wat kaartjies gekoop het en aan al die donateurs!

MEMORIBILIA GESKENK AAN NFS CAREGIVERS

Tydens Andries Vermeulen se vertoning Saterdag, 11 Augustus 2018 het ons organisasie ‘n groot verrassing ontvang!

Meer agtergrond inligting insake die memoribilia: Pieter van Rensburg kom blykbaar van dieselfde wêreld as Andries Vermeulen 

en het hy vir Andries genader om die memoribilia op te veil vir NFSCG vir verdere fondse.

Hannes en Irene du Toit van JNL Rekenmeesters het die fantastiese memoribilia gekoop. Dit pryk tans in hulle kantoor!

Felicity en haar span caregivers was betrokke by Penny se oorlede moeder, Lodola Gordon wat ook aan kanker metastase gesterf het.

Pieter het die hele proses ervaar en het ‘n droom gehad dat hy iets ekstra vir die Caregivers as organisasie wil doen.

Hy het die Memoribilia bekom dmv sy werk. Hierdie pragstuk is ‘n rugby-liefhebber se droom en nog meer!!

Felicity was oorstelp maar baie dankbaar vir hierdie uitreiking na die organisasie